Foto’s: Britse koningshuis wys só steun aan Oekraïne

Kate en William het Woensdag ‘n besoek aan die Oekraïense-kultuursentrum in Londen afgelê. (Foto: Ian Vogler/AFP)

Lede van die Britse koningshuis het te midde van die voortslepende oorlogskrisis in Oekraïne hul steun aan die land se inwoners, asook liefdadigheidsorganisasies en rampfondse wat hulp vir Oekraïners bied, getoon.

Prins William en Kate, die hertog en hertogin van Cambridge, het Woensdag ʼn emosionele besoek aan die Oekraïense kultuursentrum in Londen afgelê. Hulle het werknemers en vrywilligers ontmoet om eerstehands te leer hoe dié sentrum die Oekraïense gemeenskap in die Verenigde Koninkryk (VK) en regoor Europa tans bystaan.

Die egpaar, wat albei borsspeldjies met die Oekraïense vlag gedra het, het tydens hul besoek gehelp om donasies wat aan vlugtelinge geskenk word te sorteer en te verpak. Van dié sentrum se skenkings word deur die Disasters Emergence Committe (DEC) hanteer. Dit is dieselfde rampfonds wat verlede week ʼn “ruim” private skenking van koningin Elizabeth ontvang het.

William en Kate het Wolodimir Zelenski, die Oekraïense president, en sy vrou, Olena, in 2020 by Buckingham-paleis ontmoet. (Foto: Jonathan Brady/AFP)

Die koninklikes het ook ’n toer deur die sentrum saam met Oekraïne se ambassadeur in Brittanje, Vadym Prystaiko en sy vrou, Inna, onderneem.

Die hertogin, geklee in ʼn helderblou trui en stylvolle wyepypbroek, het tuisgemaakte sjokolade-bruintjies en energiestafies vir die vrywilligers van die sentrum gebring.

Prins William het aan vrywilligers erken dat sy kinders, prinse George (8) en Louis (3) en prinses Charlotte (6), dikwels vrae oor die oorlog vra en dat Oekraïne en sy leiers die egpaar se “volle ondersteuning” het.

Dié besoek volg nadat die Britse koningshuis, wat bekend is vir politieke neutraliteit, ʼn byna ongekende rol die afgelope tyd gespeel het om die soeklig op die Oekraïense oorlog te plaas.

Benewens hul besoek aan die kultuursentrum het Kate en William onlangs in ʼn amptelike verklaring hul steun aan Wolodimir Zelenski, die Oekraïense president, en sy vrou, Olena, op hul sosialemediaplatforms gedeel. Zelenski, wat saam met sy vrou die egpaar in 2020 tydens ʼn geleentheid in Buckingham-paleis ontmoet het, het die egpaar persoonlik op sy Twitter-profiel bedank vir hul ondersteuning.

Kenners vermoed ook dat koningin Elizabeth II op ʼn subtiele manier haar steun aan Oekraïne getoon het toe sy die Kanadese premier, Justin Trudeau, vandeesweek by die Windsor-kasteel ontvang het. Die monarg, geklee in ʼn blou rok met fyn geel patrone, het saam met Trudeau poseer voor ʼn ruiker van geel en blou blomme. Dit is dieselfde kleure as dié van die Oekraïense landsvlag.

Koningin Elizabeth II het die Kanadese premier Justin Trudeau vandeesweek by Windsor-kasteel ontvang. (Foto: Steve Parsons/AFP)

Trudeau en die koningin het ʼn hegte band sedert sy kinderjare toe sy pa, Pierre Elliott Trudeau, eerste minister van Kanada was. Hy was in die VK vir samesprekings oor die Oekraïense oorlog met Britse premier, Boris Johnson, en hul Nederlandse eweknie, Mark Rutte.

Bronne: Vanity Fair, Hello, AFP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marius ·

Drink lekker tee en eet koekies terwyl daar kinders dood is in ‘n bom aanval…

Johann ·

Meanwhile…back in the Banana Republic of RAMP apoza and his fellow KADER COMRADES….drink hulle Vodca saam met.die massa moordenaars en praat hulle die geweld en moord goed met n klomop Kommunistiese doktrin?

En mag die wereld hoor en sien wie en wat die ANC WERKLIK IS…. nie die RSA nie…die ANC!!!!!! SHAME ON YOU

Cherokee ·

Tannie Windsor mag simpatiek wees teenoor die Oekraïnièrs, maar sy voel al jare vere oor die Ingelse se gepoogde volksmoord op Suid Afrikaners, en het tot vandag toe nie haar spyt uitgespreek oor afgebrande plase en konsentrasiekampe.

marius ·

Heel korrek . Daar is duidelik ‘n spul wat dit goedkeur …

Cherokee ·

Net soos jy sê Marius, maar die feit dat hul skryfkuns en kennis nie verder strek as ‘n duimaf, verduidelik genoeg.

Hennie ·

Heerlik! Ek hoop die ou queen dink daaraan om ‘n vrag corgey str0nt aan hulle te skenk sodat hulle hul eie groente kan plant!

JohanR ·

Kate of Meghan…..nie eers ‘n kompetisie nie. Kate is ‘n dame.

Pietertjie ·

Ek ondersteun dit ook. Hoekom word mý foto nie geplaas nie? Ek dra net soveel by uit my eie sak as wat die koninklikes doen!

Ettienne ·

En so blaf die Britse skoothondjie agter die oubaas Amerika aan.

Marshall ·

Watch Prince Charles speaking at the World Economic Forum. The Royals are very much into Klaus Schwab’s Great Reset. Of course they will champion the Globalist Ukranian puppet government. It is the successor to the puppet government installed in the Maidan Revolution of 2014, which was orchestrated by Victoria Nuland the then US Assistant Secretary of State.

Waarnemer ·

Alles n klug…niemand voel n veer oor die mense in Oekraine wie sterf lof alles verloor ter will van n massa moordenaar se droom om rusland uit te brei nie…Putin gaan nie by die Oekraiene stop nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.