[Foto’s] Byna R1 miljard vir bielie van ʼn diamant

Lucara se 813-karaat diamant wat vir $63 miljoen verkoop is Foto: @LucaraDiamond, Twitter

Lucara se 813-karaat diamant wat vir $63 miljoen verkoop is Foto: @LucaraDiamond, Twitter

Lucara Diamond-korporasie het ʼn rekordbedrag ontvang vir ʼn diamant van 812.77 karaat wat in November 2015 in Botswana gevind is.

William Lamb, president en uitvoerende hoof van Lucara, het gesê dié tipe IIa-diamant wat by Karowe-myn uitgehaal is, is vir meer as $63,1 miljoen (byna R957 miljoen) verkoop. Dit is $77.649 per karaat en die meeste wat nog ooit vir ʼn ongeslypte diamant betaal is.

Lucara behou saam met Nemesis International DMCC 10% aandeel in die netto wins van die verkope van die geslypte diamante.

“Die 813 karaat-diamant is ‘The Constellation’ gedoop, in samewerking met ons vennoot,” het Lamb gesê. “Ons is baie tevrede met die uitslag van hierdie transaksie en die geleentheid om nog verder deel te hê aan die wins wanneer die finale produk verkoop word. Die transaksie is die hoogste prys wat nog ooit vir ʼn ongeslypte diamant betaal is en oortref alle vorige rekords. Dit vestig ons naam in die juwelebedryf as een van die belangrikste bronne van diamante van die hoogste gehalte.”

Lamb het gesê hulle sien uit na die volgende fase van Lucara se ontwikkeling met die verkope van die 1 109 karaat, Lesedi La Rona-diamant, wat op 29 Junie 2016 by Sotheby’s in Londen verkoop word. Lesedi La Rona is die tweede grootste diamant wat nog ooit ontdek is. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Riaan ·

Wekroep.
Wil net nog n sinnelose moord, op n bejaarde aanmeld. Gedurende diè afgelope naweek is n 79 jarige, vrou van Orkney, Noord Wes grusaam vermoor. Haar motor is blykbaar ook gesteel.
Haar keël is blykbaar, tot by haar nekwerwel oop gekloof. Wanneer gaan dit stop?

KLEIN ·

Het siener v Rensburg nie gesê dat daar sal eendag `n diamant gevind word wat so groot soos `n skaapkop sal wees. So die grootter een sal nog gevind word.

KLEIN ·

Het siener v Rensburg nie gesê dat daar sal eendag nog `n diamant gevind word wat so groot soos `n skaapkop sal wees. Dus `n grootter een sal nog gevind word.

Pieter ·

Siener het so gesê maar die is net n voorbeeld van hoe die wereld waarde heg aan waardelose goed. Dit is n klip wat vir jou geen ewigheids waarde inhou

Johan ·

Dit is nou baie waar. Net koolstof en het beslis nie ewigheidswaarde maar ai, mooi bly darem mooi. Selfs hierdie prag is die geskenk van ons Almagtige Skepper aan ons.

Piet Pompies ·

Ag, kan so ‘n klippie tog eendag op my pad kom……mmmm

John ·

Indie wil mos die groot diamant in die Britse monarg se kroon terug he, wat hulle beweer, glo verkeerdelik in die Engelse se hande beland het. Miskien gaan hierdie een nou in die kroon pronk of dalk die nog groter een. Dalk in ‘n nuwe kroon. Die Britte hou mos baie van krone.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.