Foto’s: Daniel Craig met Hollywood-ster vereer

Daniel Craig kniel by sy ster op die Hollywood Walk of Fame. (Foto: VALERIE MACON / AFP)

Brittanje se gunsteling-superspioen het Woensdag sy merk in Hollywood gemaak toe die akteur Daniel Craig ʼn ster op die bekende Walk of Fame ontvang het.

Die wêreld se beleefste aksieheld is buite die 7007 Hollywood Boulevard verewig, langs mede-Bond-akteur Roger Moore.

“Ek het nooit gedink dat myself dit sal hoor sê nie, maar dit is ʼn absolute eer om vertrap te word in Hollywood,” het Craig geskerts toe sy ster onthul is.

“As geluk gemeet word aan die geselskap wat ons hou, dan maak dit my ʼn baie gelukkige man om op dié sypaadjie deur hierdie helde omring te word.”

Verder af in die straat, waar meer as 2 000 sterre hulde bring aan van die grootste name in rolprente, televisie en musiek, het aanhangers byeengekom om ʼn glasie – martini’s natuurlik – op hulle held te klink.

Daniel Craig ontvang sy ster op die Hollywood Walk of Fame. (Foto: VALERIE MACON / AFP)

Craig se vyfde en laaste draai as Ian Fleming se geheime agent het vroeër vandeesmaand die grootskerm getref.

No Time to Die is met lof ontvang, tot die verligting van ateljeebase, wat daarop gehoop het dat dié fliek gehore sou teruglok na die teater ná ʼn lang hiatus weens die pandemie.

Rami Malek, die akteur wat Bond se mededinger vertolk in die 25ste fliek in dié mega-franchise, het ook sy lof teenoor Craig uitgespreek en gesê dit was ʼn “vreugde” om saam met hom te werk.

“As jy gelukkig genoeg is om die slegte ou te speel, moet jy seker maak die goeie ou is ʼn legende. En dié goeie ou is net die beste,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Niklaas ·

Eintlik was hy ‘n puik James Bond gewees. Nou wonder mens maar net wie gaan hom opvolg ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.