Celia McCorquodale, die susterskind van prinses Diana, is Saterdag met George Woodhouse getroud – met haar tannie se tiara in haar hare.
Daily Mail.co.uk berig die egpaar is in die St. Andrew-en-St. Mary-kerk in Stoke Rochford in Lincolnshire getroud.
Die hertog en hertogin van Sussex, prins Harry en Meghan Markle, het ook die spoggeleentheid bygewoon. Die hertogin het sosialemediagebruikers aan die gons gehad toe sy ampertjies neergeslaan het toe haar hakskoene gewankel het op die ongelyk kerkterrein.
Prins Harry het gelukkig haar hand vasgehou en kon betyds keer. Sy het pragtig gelyk in ʼn blou en wit langmou rok met ʼn blommotief en ʼn eenvoudige wit hoed.
Celia is die dogter van dame Sarah McCorquodale, Diana se oudste suster. Sy het ʼn wit rok met driekwart moue en kant detail gedra met die Spencer-tiara wat prinses Diana in 1981 gedra het toe sy met prins Charles getroud is.
Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, het nie die geleentheid bygewoon nie.
Die bruid is pragtig. Kan die familietrekke sien…
Waarom vir Megan in die artikel inbring? Dit gaan tog nie oor haar nie? Sy het mos klaar getrou en genoeg publisiteit gekry.
Hou die aandag by die dame wat so pas getrou het.
Richard,
En jy wil voorskryf waaroor die media moet berig. Mooi berig Maroela.
Lyk Harry effens effentjies??
Alwyn,
Harry is n gas op die troue. Hoe anders moet hy lyk?
Ek is nou regtig nie snaaks nie, maar Meghan kon gerus meer moeite gedoen het. Dit was ‘n troue in die adelstand, nie ‘n informele piekniek langs die rivier nie. Ek hou van Meghan, sy is gewis ‘n vars briesie in die muwwe gange van die paleis, maar sy moet haar nou nie te vars gedra nie.
Al is hierdie mense van die “adelstand” bly ons almal, en hulle inkluis, net doodgewone mense
Abe wat ek wou sê “die prins se gesig lyk stroef” Miskien hou hy nie van sy vroutjie se rok nie?
Ek stem saam met Richard- waaroor gaan die artikel nou eintlik? Megan, die rok of die bruid?
Help my asb reg?
Sprankelende bruid!
Dalk moes die hoofopskrif dan maar eerder gewees het: Meghan lyk pragtig by Diana se susterskind se troue? Dit voel vir my of daar meer aangegaan word oor Meghan, as oor die dame wat trou? Die tafeldoeklappie is nou nie juis my smaak nie, maar ek glo sy kon dit pragtig laat lyk het as hul net bietjie aan die vorm van die rok gewerk het. Sy hoef seker nie vormlose klere te dra net omdat sy nou ‘n hertogin is nie? Sy is ‘n pragtige JONG vrou. Daar is nog baie tyd vir sulke rokkies. Ek sou meer foto’s van die bruid wou sien in ‘n artikel wat veronderstel is om oor haar te gaan? Sy het pragtig gelyk. Mens kan die familietrekke sien. Diana bly maar vir my een van die mooiste vroue nog.
Ja nee ek stem saam, die berig gaan mos oor Diane se susters kind en nie Meghan nie.
Hier was nou regtig skaars oor haar berig, maar nou terwyl die berig eintlik oor Meghan gaan.
Ja nee daai rok is ook glad nie my keuse nie. meer vir n ouer dame!!!
Wonder wat was Kate hulle se verskoning omrede hulle nie daar was nie. Diane en haar familie was mos die slegte appetjies gewees net omrede sy haar nie laat voorskryf het wat om te doen
En ek kan nou vir julle se Meghan is geen puppet nie.