Die maan het Woensdagaand vir ʼn kosmiese skouspel gesorg wat 35 jaar laas gesien is.
Die bloumaan was ook ʼn supermaan en het in sommige dele van die wêreld met ʼn totale maansverduistering gepaardgegaan.
Die tweede volmaan in dieselfde kalendermaand staan as ʼn “bloumaan” bekend terwyl ʼn supermaan sowat 14% groter is as ʼn gewone volmaan. Wanneer ʼn maansverduistering plaasvind, het die maan ʼn koperkleurige skynsel en daar word dikwels daarna verwys as ʼn “bloedmaan”. Die drie verskynsels het Woensdagaand op dieselfde tyd voorgekom.
Die skouspel het die beste vertoon oor Hawaii en Alaska, dele van Kanada, Australië en Asië. Die westelike dele van Amerika en Rusland kon die verskynsel ook mooi sien. Die maansverduistering was nie in Suid-Afrika beskikbaar nie maar wel die supermaan.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Meeste van die fotos is ge”Photoshop”.
Wil nogals so lyk ……
Ek het fotos geneem van die maan wat regtig n blou skynsel gehad het. Ekt dit op my fb gepost
Julle bedoel seker dié maan was nie in Suid-Afrika ‘sigbaar’ nie. ?
Julle bedoel seker die maansverduistering was nie in Suid-Afrika ‘sigbaar’ nie. ?