Foto’s: Die maan se kosmiese skouspel

Die maan in Topeka, Kansas. Foto: AP Photo/Orlin Wagner

Die maan het Woensdagaand vir ʼn kosmiese skouspel gesorg wat 35 jaar laas gesien is.

Die bloumaan was ook ʼn supermaan en het in sommige dele van die wêreld met ʼn totale maansverduistering gepaardgegaan.

Die tweede volmaan in dieselfde kalendermaand staan as ʼn “bloumaan” bekend terwyl ʼn supermaan sowat 14% groter is as ʼn gewone volmaan. Wanneer ʼn maansverduistering plaasvind, het die maan ʼn koperkleurige skynsel en daar word dikwels daarna verwys as ʼn “bloedmaan”. Die drie verskynsels het Woensdagaand op dieselfde tyd voorgekom.

Die skouspel het die beste vertoon oor Hawaii en Alaska, dele van Kanada, Australië en Asië. Die westelike dele van Amerika en Rusland kon die verskynsel ook mooi sien. Die maansverduistering was nie in Suid-Afrika beskikbaar nie maar wel die supermaan.

Die maan in Athene, Griekeland. Foto: AP Photo/Petros Giannakouris

Die maan beweeg agter vulkaan Mayon in die Fillipyne verby. Foto: AP Photo/Bullit Marquez

Die maan in Jerusalem.
Foto: Xinhua/Guo Yu (jmmn)

Die maan in Orlando, Florida. Foto: Red Huber/Orlando Sentinel via AP

Die foto is in Londen geneem. Foto: KIrsty O’Connor/PA via AP

Die maan bo die Statue of Liberty in New York. Foto: (AP Photo/Julio Cortez)

Die maan verrys bo die Chugach-berge in Anchorage, Alaska. Foto: AP Photo/Dan Joling

Die maan in Tokio, Japan. Foto: Xinhua/Hua Yi (jmmn)

Die maan in Los Angeles. Foto: AP Photo/Richard Vogel

Die maan in Singapoer. Foto: Xinhua/Then Chih Wey (jmmn)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Blommie ·

Ek is nou maar ‘n dom ouma maar hoe PHOTOSHOP mens ‘n foto en hoe kan jy dit met die blote oog raak sie. Al was dit nie in SA sigbaar nie is dit nog steeds ‘n wonder deur die VADER

Pieta ·

Gerhard, jy is soooo slim… maar jy praat snert! Familie van my in verskillende lande het self soortgelyke foto’s geneem – en die verskynsel gesien soos dit was. As jy nie soiets besonders kan waardeer nie, hou eerder jou siniese onkunde vir jouself… Mag jy eendag die wonder van die natuur beleef vir wat dit is: Die wonder van God se skepping… Lekker dag vir jou!

Gerhard ·

Pieta en Blommie.

Ek is al vir jare ‘n stokperdjie fotograaf, het al die toerusting insluitende sagteware om dit verander. Ek het die maan al baie keer afgeneem en dit is nooit naastenby so groot in ‘n foto dat dit groter is as ‘n gebou nie. Selfs om dit so af te neem dat dit so groot soos ‘n monument lyk is veel moeiliker as om eenvoudig twee fotos te neem en saam te voeg. As jy ‘n foto neem van ‘n dorp of stad sal die maan ‘n klein kolletjie wees op die foto. Verder is dit so dat meeste professionele fotos wel ge”photoshop” word. Dit is bloot deel van die fotograaf se werk, met net enkele uitsonderings. Uitsonderings word gewoonlik gemaak wanneer fotograwe vir kliente werk wat versoek dat daar geen veranderinge aangebring word nie.

Mariette ·

Ek het fotos geneem van die maan wat regtig n blou skynsel gehad het. Ekt dit op my fb gepost

Ai ·

Ai mens.
Die “blou maan” beskrywing/ benoeming is nie omdat die maan ‘n blou kleur het nie…… maar vol punte vir verbeelding.
Die maan was nietemin pragtig Woensdag aand.

Liezel Hoepfner ·

Julle bedoel seker dié maan was nie in Suid-Afrika ‘sigbaar’ nie. ?

Liezel Hoepfner ·

Julle bedoel seker die maansverduistering was nie in Suid-Afrika ‘sigbaar’ nie. ?

Magda ·

En julle was natuurlik daar toe die foto’s ge” Photoshop “is. Toevallig is die foto in New York deur my seun SELF geneem..

Lyza ·

Magda moet jou nie steur aan die klomp suur mense hier nie! Pragtige foto!

n ·

ai, die alwetende mense maak my moeg! geen rede om te se die fotos is “gephotoshop” nie.

Karin ·

Dankie vir die pragtige foto’s. By ons in Witrivier in die Laeveld het dit gereën, dus het ons nie die skouspel gesien nie, maar is dankbaar vir die reën.

Trompetter ·

Dis net ‘n tikfout maar die maan is darem seker nie Jerusalem nie. Dis ook ‘n jammerte dat die maansverduistering nie in RSA beskikbaar was nie. Seker net in lande wat nie sh1th0le5 is nie :-)

Tania Heyns ·

Dagsê Trompetter

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.