Foto’s: Dié tekkies vir sowat R25,6 miljoen verkoop

Die paar tekkies wat vir $1,8 miljoen verkoop is (Foto: Sotheby’s)

ʼn Paar Nike Air Yeezy 1’s, wat die kletsrymer Kanye West gedra het, is vir $1,8 miljoen (meer as R25,6 miljoen) verkoop – dit is drie keer soveel as die vorige rekord vir ʼn paar tekkies, het Sotheby’s Maandag gesê.

Die vorige rekord was ʼn paar Nike Air Jordan 1’s wat vir $615 000 in Augustus 2020 op ʼn Christie’s-veiling verkoop is.

“Dit is die hoogste publieke prys ooit wat vir ʼn paar tekkies aangeteken is,” het Sotheby’s in ʼn verklaring gesê. “Dit is ook die eerste paar tekkies wat vir meer as $1 miljoen verkoop is.”

West het die swart Yeezys tydens die Grammy-toekennings in 2008 gedra toe hy “Hey Mama” en “Stronger” opgevoer het. Die tekkies was ʼn vennootskap tussen Nike en West. Dit was prototipes en die uiteindelike model is eers vanaf April 2009 verkoop.

 

RARES, ʼn tekkie-beleggingsmarkplek wat gebruikers toelaat om in seldsame atletiekskoene te belê, het die paar tekkies aangeskaf.

Individue kan aandele in ʼn paar skoene koop, net soos beleggers aandele in ʼn maatskappy kan aanskaf. RARES het die Air Yeezy 1’s deur ʼn privaat transaksie van die tekkieversamelaar Ryan Chang aangeskaf.

Brahm Wachter, hoof van straatdrag en nuwe versamelings by Sotheby’s, het gesê prys “spreek boekdele oor Kanye se nalatenskap as een van die mees invloedryke klere- en tekkie-ontwerpers van ons tyd”.

Voor Nike met West saamgewerk het, het hy skoene slegs ter nagedagtenis van bekende atlete vernoem. Die Air Yeezy 1 is as ʼn beperkte uitgawe in 2009 vrygestel, gevolg deur die Air Yeezy 2 in 2012. Meeste Air Yeezy 1’s het vir tussen $2 000 en $4 000 verkoop, afhangend van die ontwerp.

West het eers met Nike saamgewerk voor hy na Adidas oorgeskakel het om sy eie klerereeks te ontwikkel.

Yeezy-tekkies het in 2020 sowat $1,7 miljard se inkomste opgelewer, aldus ʼn interne kennisgewing van UBS-bank, het Bloomberg berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pampoen ·

Voordat ek Kanye West se tekkies dra, sal ek eerder belê in daardie lekker vellies wat hulle hier op Maroela Media adverteer.

Alet ·

Hoekom sal mens nou aandele in ‘n paar vrot tekkies koop? Rerig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.