Diere en hul maniere sorg gereeld vir groot vermaak – en soms wonder ʼn mens presies wat dié diere dink – en doen – wanneer niemand kyk nie.

ʼn Koei baljaar op ʼn plaas naby Falkenberg in Swede nadat hulle ses maande lank weens wintertoestande binnenshuis moes deurbring. (Foto: Adam Ihse/TT News Agency/AFP)

ʼn Pikkewyn plas rond by die Sea Life Bangkok Ocean World-akwarium in Bangkok. (Foto: Mladen Antonov/AFP)

Twee ooievaars maak hul verekleed skoon op ʼn hyskraan in Kirchheim, Duitsland. Ooievaarpare bou hul neste die afgelope 16 jaar al op hierdie hyskraan. Die maatskappy waaraan die hyskraan behoort, het bykomende platforms vir die neste gebou. Vanjaar is tien ooievaarsneste op die hyskraan te siene. (Foto: Christof Stache/AFP)

ʼn Hond is gedaan ná ʼn bedrywige dag in die tulpevelde in die weste van Duitsland. (Foto: Ina Fassbender/AFP)

Die hond van die Franse stiervegter Lea Vicens kyk na ʼn stiergeveg-oefensessie in Spanje. (Foto: Gabriel Bouys/AFP)

Wat kyk jy? Arabiese gemsbokke daag mekaar oënskynlik uit in die al-Wusta-natuurreservaat in Oman. (Foto: Karim Sahib/AFP)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
En dan word ons renosters uitgeroei en permitte uitgereik om olifante in Zimbabwe te skiet.
Die koei is my gunsteling
Ek kan nie wag vir die dag dat alle stiergevegte wêreldwyd verban word nie. Ek hoop regtig dit gebeur nog in mý leeftyd.
Ek stem.