[Foto’s] Dodetal styg ná bomaanval

‘n Foto van die toneel. Foto: Thiqa News via AP

ʼn Dodelike bomaanval op busse wat gehelp het met ’n ontruiming buite Aleppo, het Saterdag die lewens van minstens 100 mense, waaronder kinders, geëis.

Die ontruiming was deel van ’n oordrag waarin burgers van stede wat onder beleg is aan beide kante van die grens toegelaat is om die gebiede te verlaat.

ʼn Bom het Saterdag tussen ʼn konvooi busse ontplof wat gewag het om die grens van ʼn rebelbeheerde gebied na ʼn gebied onder regeringsbeheer oor te steek. Die busse het meestal Sjiïtiese inwoners en noodleningswerkers en amptenare vervoer.

Die ontruiming uit Sirië is intussen met nagenoeg 50 busse hervat.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie, maar kenners wys die vinger na buitelandse inmengery of samesweerders wat die oordrag wil ondermyn.

Vroeër vandeesmaand is minstens 87 mense dood toe chemiese wapens gebruik is in ʼn aanval in Sirië. Minstens 30 van die 87 oorledenes was kinders.

Die aanval het hewige internasionale reaksie uitgelok, met Amerika en ander lande wat die skuld op die Siriese regering pak. Sirië se weermag het egter ontken hy was verantwoordelik vir die aanval. Rusland beweer die Siriese lugmag het chemiese wapens wat aan die rebelle behoort, geteiken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vivian ·

Ai die hartseer hou nie op nie. Die Here gaan die wereld hard straf.

Kosie ·

Dis erg. Amper tweekeer die hoeveelheid mense wat in plaasmoorde sterf in SA in ‘n jaar se tyd, in ‘n oogwink daarmee heen.

anton ·

Stem saam jou Langtand.
Kan dit ook Gladnie verstaan nie!!!

JoeV ·

Die klink maar baie verdag. Wie ook al verantwoordelik is vir die aanvalle hoop om die hoofstroom media op te saal vir die verlangde reaksie om sodoende aanvalle te regverdig. Die een is bedoel om “toestemming” te kry vir die VSA magte om die rebelle aan te val, die agas aanval om die regering aan te val.
Rusland het taamlike akkurate kennis van wat deur die VSA beplan word hier.
Vreemd dat die wereld dit nie optel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.