Foto’s: Dodetal styg ná verwoestende brande

Foto: AP Photo/Noah Berger

Soek- en reddingspanne soek steeds deur die puin na moontlike oorlewendes en menslike oorskot te midde van die verwoestende veldbrande in Kalifornië in die VSA.

Minstens 42 mense is reeds dood wat beteken dit is nou die dodelikste brand in die deelstaat se geskiedenis. Die dodetal sal verwagting verder styg aangesien dit nog nie duidelik is presies hoeveel mense vermis word nie.

Die oorsaak van die verwoestende brande, wat deur veldbrande aan weerskante van die deelstaat veroorsaak is, word nog ondersoek.

Menslike oorskot is onder meer in uitgebrande motors en in die smeulende puin van huise gevind.

Meer as 8 000 brandbestryders spook steeds om die brande, wat meer as 7 000 strukture vernietig het, in bedwang te bring. Meer as 840 vierkante kilometer is deur die brandspoor vernietig met sterk windvlae wat die brande aanblaas.

Pres. Donald Trump het intussen gesê hy het ʼn bespoedigde rampgebiedverklaring vir Kalifornië goedgekeur. Trump het Maandag gesê hy wil reageer om van die ongelooflike lyding te verlig. Die verklaring sal help om vir slagoffers berading te verkry en hulle by te staan met verblyf- en werkskwessies.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Daan ·

My skoonsus in George het 3 weke terug dit ervaar om jou kar te pak. En reg te staan. Dit wat jy los sien jy dalk nooit weer nie. Luister na die Nood dienste. Natuurlik sal hul eerder te gou as te laat se. Maar luister en reageer. Hier sien ons nou die alternatief.

Joshua ·

My innige simpatie en medelye-en ek kritiseer nie..MAAR; In 2016 het die Kaliforniese goewerneur,JerryBrown, n ‘Bipartisan Wildfire Management Bill GEVETO-dis waarvan Trump praat toe hy hierdie goewerneur gekritiseer het want as dit aanvaar en geimoplinteer was kon dit lewens red. Maar nee, nou word Trump beskuldig deur die Linkse liberale van gevoelloosheid wat nie die waarheid is nie-hy wil net dat mense hul WERK doen maar Brown het dai Bill geweier.

Twakkie ·

Blykbaar het die linkse goewerneur Jerry Brown na die verkeerde mense geluister en nie goeie bosboubeheer laat toepas nie. Geen verwydering van dooie bome en “undergrowth”, geen brandpaaie of voorbrande. Dis waarna pres. Trump verwys het. Maar nouja, dis Kalifornië en dis CNN en Kie. Die anti-Trump-media het ook hul mond volgehad oor pres. Trump net een van twee funksies vir WWI in Frankryk bygewoon en ‘n toespraak gehou het en nie Maandag wéér in die VSA ook so ‘n funksie bygewoon het nie. Dit terwyl hy moet aandag gee aan Kalifornië, grootskaalse “voter fraud”, nuwe Attorney General, Demokrate se dreiging om vorentoe 85 subpoenas op hom te laat reën. Maar dis die Demokrate en die linkse hoofstroommedia teen pres. Trump en “the People”. ‘n Mens lees die pro- en anti-Trump media en daar is nêrens raakpunte nie. Ek glo die pro-media sonder uitsondering, hulle wys video’s van en onderhoude met die pres. self. En het geloofbare kommentators soos Newt Gingrich en Jeanine Pirro, onder andere. Die linkses spoeg soveel gif dat mens wonder of hulle reg wys is. Persoonlike aanvalle en géén beleid behalwe anti-Trump nie.

Willie ·

Die fotos spreek stil n sig van dodelikke verwoesting, en n harseer verlate gestalte van pyn

Anoniem ·

Absoluut tragies. Sterkte aan al die mense wie geraak word deur hierdie brande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.