Foto’s: Dokters in Saoedi skei saamgegroeide tweeling

Baba Aisha Ahmed Saeed saam met haar dokters by die Koning Abdullah-spesialiskinderhospitaal in Saoedi-Arabië. (Foto: King Salman Humanitarian Aid and Relief Centre / AFP)

’n Baba van Jemen herstel goed nadat sy vandeesweek deur ’n span dokters in Saoedi-Arabië van haar parasitiese tweeling geskei is. Dié operasie is die span se 50ste suksesvolle operasie waartydens ʼn tweeling van mekaar geskei is.

Klein Aisha Ahmed Saeed is met ’n vergrote bekkenarea en ’n ekstra paar onderste ledemate gebore.

Die dogtertjie het Donderdag ’n operasie van sewe uur en 45 minute lank ondergaan waartydens ’n span van 25 mediese personeel, onder wie dokters, tegnici en verpleegsters, betrokke was.

“Die operasie het baie goed afgeloop … die samewerking tussen die span was uitstekend,” het dr. Abdullah al-Rabeeah, hoof van die mediese span, na die operasie aan Arab News gesê.

Die operasie word op klein Aisha Ahmed Saeed uitgevoer. (Foto: King Salman Humanitarian Aid and Relief Centre / AFP)

“Ons kon daarin slaag om die baba wakker te kry en sy het haar oë oopgemaak … sy kon selfs haar ma by die uitgang van die operasiesaal sien.”

’n Parasitiese tweeling kom voor wanneer ’n tweeling-embrio begin ontwikkel, maar uiteindelik nie van mekaar skei nie. Dit lei tot ’n halfgevormde tweeling geheg aan die liggaam van die ontwikkelde tweeling.

Baba Aisha is afkomstig van die provinsie Al-Mahra in die oorloggeteisterde Jemen.

Jemen is al langer as ses jaar in ’n oorlog gewikkel en die land se gesondheidsorgstelsel het sedertdien in duie gestort. Die oorlog het reeds tienduisende lewens geëis terwyl sowat 80% van Jemeniete in dié stadium afhanklik is van humanitêre hulp.

Baba Aisha Ahmed Saeed saam met haar dokters by die Koning Abdullah-spesialiskinderhospitaal in Saoedi-Arabië.
(Foto: King Salman Humanitarian Aid and Relief Centre / AFP)

Baba Aisha Ahmed Saeed saam met haar dokters by die Koning Abdullah-spesialiskinderhospitaal in Saoedi-Arabië.
(Foto: King Salman Humanitarian Aid and Relief Centre / AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karina ·

Dit is altyd lekker om goeie nuus te lees, dankie Maroela Media

Danie ·

Wonderlik.
Maar dis moes n duur operasie gewees het as jy na al die experts kyk wat betrokke was.

Misky ·

Wonderlike span dokters….. geen Kubane nie (jip, tong in die kies kommentaar)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.