[Foto’s] Drie dood in skietery by skool

Ouers by die North Park Elementary School ná die skietery. Foto: AP Photo / ANA

ʼn Man van Kalifornië in die VSA het twee kinders en sy vervreemde vrou, ʼn laerskooljuffrou, Maandag in haar klaskamer geskiet, waarna hy selfmoord gepleeg het.

Die Los Angeles Times berig die onderwyser, Karen Smith (53), en ʼn leerder, Jonathan Martinez (8), is in die skietery dood, terwyl die ander leerder in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem is.

Die polisie het die skieter as Smith se vervreemde man, Cedric Anderson (53), geïdentifiseer. Die egpaar was glo net ‘n paar maande getroud.

Anderson het omstreeks 10:30 (Amerikaanse tyd) in Smith se klaskamer by die North Park Elementary School ingestorm en wild geskiet. Smith was saam met twee ander volwassenes in die klaskamer en was besig om na kinders met ontwikkelingsgestremdhede om te sien.

Kapt. Ron Maas van die San Bernardino-polisie het gesê die polisie glo Smith was Anderson se teiken en nie die kinders nie; hulle is in die kruisvuur gewond.

Jarrod Burguan, die polisiehoof, het gesê die polisie hanteer die voorval as ʼn moord en selfmoord wat verband hou met huishoudelike geweld.

Volgens die vuurwapengeweldnavorsingsgroep Everytown Research was dié voorval die 12de skietery by ʼn Amerikaanse skool sedert die begin van die jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

AL ·

Sjoe en dan wil mense nog emigreer! Ons land het n hoop probleme, maar die son skyn nie altyd so helder in ander lande nie.

SkarrelKind ·

AL – jou kans is veel groter om in jou huis gemoor te word hier in sonnige SA – as jy na relatiewe statistiek en nommers kyk – bly ek eerder in ‘n land waar die misdaadsyfer heelwat laer is en daar soms skietery by skole is, as in gewelddadige rastistiese, rommelstatus SA. Ek sê maar net …

SAR ·

In SA sal die kind met kookwater gegooi word, die ma verkrag word en dan gemartel en dan geskiet word.

Aussie ·

Dit hang seker af waarna toe jy imegreer.
Het 5 jaar terug geemigreer die beste besluit ooit!!!!
Son skyn elke dag vir ons en oor ons.

SkarrelKind ·

Aussie, ek bly vir julle. Na vele oorwegings, vlieg ons in Mei Ierland toe. Een partner het ‘n Britsse paspoort. Ek is klaar met hierdie gelweld en rassisme.

Kiwi ·

Het self 7jaar terug na NZ toe gekom, al reen dit, het ons meer sonskyn is in SA, beste besluit ooit, mis nie eens daai plek nie.

JC ·

Ja, en dit is nou die wonderlike Kalifornie (waarvan ‘n gedeelte van die bevolking-basies die ryk en welaf Weste-“silicon valley”) wil afskei van die VSA!!

Andre van der bank. ·

Ja, JC. Weet jy ooit in watter Land Kalifornia is?

Piet ·

Hi JC, jou kommentaar is in die kol i.vm. Sillicon Valley (ek dink dit word so genoem vanwee al die inplantings wat hulle op vroue doen). Ek het nie gesien dat jy se LA en sillicon valley is die selfde plek nie. Ek is nie seker waarom Andre en CV jou kritiseer nie. Kan hulle dalk verduidelik?

SkarrelKind ·

Na die wreedaardige moord op die Hollander, hoop ek Nederland sal met ander oë na ons kyk. En dalk sal Europa dan minder terrorsite toelaat en na hulle ander “regte” kinders wat Afrika woon, ‘n hand uitsteek om terug te keer Europa toe. Dit is net ter aansluiting van julle kommentaar oor hoeveel veiliger julle in Aus en NL is.

marous ·

As ek kon was ek lankal weg . Glo daar is bitter min wat nie dieselfde voel nie…

Sonja ·

Daar is baie wat net sal wil oppak en loop na n ander land toe, maar dis nie vir almal beskore nie…nie die regte kwalifikasies nie, finansieël onmoontlik. Ons sit waar ons sit, sitting ducks, wag tot dit ons dag is wat die noodlot tref.

Asjas ·

Jip, net so min as wat hulle ons hier wil he, so min wil ons hier wees. Ipv ons uitmoor, pos ons buiteland toe, daar is niks vir ons hier nie. Geen toekoms nie. Verarm net by die dag, dus kan ons ons self nie eers beskerm nie. Wens ek kon padgee maar dit is net nie moontlik nie. Kom anc, “make me an offer I can’t refuse”

anton ·

Hollywood is die dorp/plek wat mense gewoontelik verwys na as ”Silicon Valley”
Dit val onder die stad LA. (Los Angeles) Dit is n voorstad van LA.
Dus SV, dit is nie ver van mekaar af nie. Behalwe as jy dalk verwys na die Hollywood in Florida.

Soekie ·

Dis maklik om te sê, emmigreer…..nie almal kan dit doen of bekostig nie. Ons moet maar hier bly en die beste van die saak maak, en maar net elke dag op ons knieë gaan en bid dat ons nie vermoor, verkrag en brutal mishandel word nie. Julle wat dit kon doen om te gaan, geniet elke oomblik daarvan, want hier skyn die son nie meer vir ons almal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.