Foto’s: Drie dood, talle beseer toe trein op snelweg beland

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Pierce Co Sheriff / @PierceSheriff

Minstens drie mense is dood en talle beseer toe ʼn trein Maandag in Washington in die VSA ontspoor, gedeeltelik van ʼn brug af getuimel en op ʼn besige snelweg beland het.

Volgens berigte is van die beseerdes in ʼn kritieke toestand na hospitale geneem.

Die Amtrak-passasiertrein was vir die eerste keer op ʼn nuwe en vinniger roete van Seattle na Portland op pad toe dit naby Tacoma ontspoor het.

Die plaaslike polisie het aan verslaggewers gesê die oorsaak van die ontsporing moet nog vasgestel word.

“Enige teorieë oor die oorsaak van die ongeluk is slegs bespiegeling in dié stadium. Daar is nog niks amptelik beskikbaar nie,” het Ed Troyer, ʼn speurder, gesê.

Hy het gesê daar was 77 passasiers en vyf personeellede ten tyde van die ongeluk op die trein. Hy het gesê daar is ʼn moontlikheid dat die dodetal kan styg aangesien van die treinwaens nog nie veilig is om te deursoek nie.

Die trein het glo sewe voertuie getref. Geen motoriste is in die ongeluk dood nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Volgens die 18:30 nuusbulletin het die trein 130kmu gedoen op ‘n 48kmu trajek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.