Foto’s: Eerste gevalle van cholera in Beira bevestig

‘n Jong meisie loop in plasse water by ‘n skuiling in Inhamizua buite Beira in Mosambiek. (Foto: Themba Hadebe/AP)

Die eerste gevalle van cholera is in Beira in Mosambiek bevestig nadat die verwoestende sikloon Idai sowat twee weke gelede die grootste gedeelte van dié stad verwoes het.

Die Mosambiekse owerhede het Woensdag bevestig vyf gevalle van cholera is in Munhava, een van die armste woonbuurte in die stad, bevestig. Dié diagnose het net nog meer druk op reddingspanne geplaas om dringend te werk vir die oorlewing van derduisende inwoners wat tans in haglike omstandighede met geen toegang tot skoon water nie moet leef.

Ussein Isse, ʼn senior Mosambiekse gesondheidsbeampte, sê laboratoriumtoetse het die choleragevalle bevestig. “Cholera skep ʼn epidemiese situasie. Wanneer jy een geval het, kan jy maar verwag dat daar nog gevalle in daardie gemeenskap sal kom,” het Isse gesê.

‘n Bejaarde man lê op die grond nadat iemand sy sak rys uit sy hande geruk het soos inwoners van die Nyamatande-nedersetting in Mosambiek skarrel om sakke kos te gryp wat ‘n helikopter van die Suid-Afrikaanse Weermag aflewer. (Phill Magakoe/AP)

Cholera is ʼn groot bekommernis vir sikloonoorlewendes wat nou in oorvol kampe, skole, kerke en op enige droë gronddele woon, aangesien groot dele grond steeds deur vloedwater bedek word. Die siekte word versprei deur besmette kos en water en veroorsaak akute diarree wat binne ure slagoffers se dood kan veroorsaak indien dit nie onmiddellik behandel word nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gewaarsku ʼn “tweede ramp” sal Mosambiek tref as cholera deur die verwoeste gebied versprei. Die organisasie het gister gesê entstof vir 900 000 cholera-inentings sal na verwagting later die week in die land aankom.

Die sikloon het meer as 460 lewens in Mosambiek geëis en 1,8 miljoen mense in rampspoedige omstandighede geplaas. Pres. Filipe Nyusi het verlede week beraam tot 1 000 mense kon in die ramp omgekom het. Die dodetal sal na verwagting nog styg namate die vloedwater wegsak en nog liggame sigbaar raak, het noodpersoneel gesê.

Daar word vermoed dat die presiese dodetal van die ramp dalk nooit bepaal sal kan word nie.

‘n Vragvliegtuig laai noodverraad af terwyl ‘n helikopter volgemaak word met brandstof by die internasionale lughawe in Beira, Mosambiek. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi/AP)

Gesondheidswerkers is tans besig om klinieke oor die hele Beira te open wat as die kern dien vir reddingsoperasies in die gebied. In sommige gevalle het mense begin om stilstaande water langs die pad te drink, wat die verspreiding van cholera verhoog, het die organisasie Doctors Without Borders gesê. Ander mense drink water uit besmette waterputte.

Die hulpgroep sê hy het in die afgelope paar dae reeds honderde gevalle van diarree gesien. “Dit sal waarskynlik lei tot ʼn dramatiese toename in aansteeklike siektes, waaronder veluitslag, lugweginfeksies en malaria oor die volgende dae en weke,” het Gert Verdonck, die groep se noodgevalkoördineerder in Beira, gesê.

Vandag kon reddingspanne wel daarin slaag om die waterstelsel in Beira te herstel, hoewel sommige mense steeds nie toegang tot skoon water het nie. Drinkbare water word wel nou oor die verwoeste gebiede versprei totdat die hele waterinfrastruktuur herstel kan word.

Die dodetal in Zimbabwe staan tans op 259 en minstens 56 mense is in Malawi dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Thinus ·

‘n vry land waar almal grond besit. Help dit hulle? Net mooi niks. Sou hulle dieselfde reddingspogings in SA geloots het? Ek glo nie want hulle het niks, geen infrastruktuur. So help grondbesit jou met ‘n onbevoege regering, nee. Daarom is ‘n sterk ekonomie met bevoegde mense (geen kaders) nodig om ‘n land reg te regeer. Nog ‘n failed state wat hulself nie kan help nie. En nog steeds stem hulle vir die idiote wat hul regeer… jammer..

Maarten ·

Het julle geen nuus oor Durban wat brand vandag nie 27/03/2019

Manie ·

Hi ek en my familie bly ook hier in Beira. Wel ek was deur sikloon Dimoina in Komatipoort in die vroeë 80’s en daar was baie reën. Maar nie regtig wind nie. Ek en my familie was daai nag 14 MAART 2019 in Idai in Beira se oog. En laat ek julle vertel dit was n monster met 230 km/h wind teen 2000 hrs alreeds, wat eers van die Suide gekom het en teen 0100 die oggend van die 15 de Maart stil geraak het. En toe begin die moeilikheid. Die wind het van noorde gekom an alles in sy pad vernietig. Huis,Telefoon torings, pakhuis om gewaai. Honde opgetel en Dood gelaat in die bome, Aircons van geboue afgewaai. Julle verstaan nie. Ek en my vrou en twee seuns is vandag nog hier in Beira (lewendig) alleenlik duer onse groote God se genade. AMEN.

Bid vir julle ·

Manie, ons bid vir jou en jou gesin. Baie sterkte. En ook vir almal om julle, dis werklik ‘n groot humanitêre krisis. As jy nie dit beleef het en daar is om die werklike omvang te sien nie, dan is dit maklik om net ‘n ongevoelige kommentaar oor die regering te maak. Bly veilig.

KAKtus ·

Dit is baie sleg. Maak nie saak wit of swart. Ek kan glo dat dit nie lekker kan wees nie.

Ellisras ·

Geagte Regering van Mosambiek. Kyk asb hoe onbaatsugtig Suid Afrika julle help. Al wat ons in ruil wil hê is dat julle ons renosters uitlos. Dankie.

GM ·

Wat my omkrap is die foto van die jong man wat die sak rys by ‘n bejaarde gegryp het – ek weet dis ‘survival of the fittest’, maar my hemel, hoe is ‘n mens so gewentenloos om kos van ‘n persoon te gryp wat nie eers homself kan verdedig nie? Plaas hulle die kos in kleiner sakke opdeel en vir meer mense gee.

Jaylo ·

hoekom gaan help die EFF en BLF nie nou hulle maters nie? Ongelukkig sal ek nie kan bydra nie ..

Se maar net ·

Vra ek ook. Hoekom gaan doen hul nie iets goeds vir hul medemens nie?? Oeps ek het die antwoord…. want hul baat niks dasruit nie… hulle weet nie van om iets goeds vir ‘n ander te doen, maak jou ryk nie.
Hulle weet nie dat jy arm is en ssl bly as daar nie goud is in jou hart nie.

GM ·

Jaylo, dit sal nogal interessant wees om die BLF se mannetjie se verklaring te hoor oor dié ramp na sy kommentaar oor die Driehoek-tragedie.

Nettie ·

Dit is die opperalmagtige en natuur se manier om van die oorbevolkte massas van Afrika minder te maak.

Se maar net ·

Dit is alles goed en wel en dit is die regte ding om te doen… ja beslis…. maar wat my al ‘n week bybly om een of ander rede is, hoe is dit, dat daar duisende mense reg oor die wereld hulle bene af hardloop om te gaan help in Mozambique maar ‘n blinde oog eord gegooi vir honderde boere wat op plase in SA vermoor word.
Wat is dit wat ons nie doen nie?
Is ons te wit?
Kry hul meer erkening by hul mede mens of die “Universe” as hul sukkelende swart Afrika mense gaan help?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.