[Foto’s] Elvis Presley-aanhangers huldig hom 40 jaar ná sy dood

Elvis Presley (Foto: Facebook)

Memphis, Tennessee, krioel dié week van Elvis-aanhangers wat die ruk-en-rol-koning 40 jaar ná sy dood herdenk.

Elvis is op 16 Augustus 1977 in die ouderdom van 42 aan ʼn hartaanval dood in sy huis op die Graceland-landgoed. Dié landgoed is nou omskep in ʼn Elvis-herdenkingsfees wat vandeesweek plaasvind.

Die feestelikheid sluit reünies, danspartytjies en konserte in. Een van die baie gewilde byeenkomste was die memorabilia-veiling.

By hierdie veiling is allerhande items wat aan Elvis behoort het, opgeveil. Van die items was Elvis se “Blue Armadillo”-pak wat vir $250 000 (sowat R3,3 miljoen) verkoop is, ʼn nekhangertjie wat vir $138 750 (sowat R1,8 miljoen) verkoop is, ʼn kitaarvormige ring wat vir $112 500 (sowat R1,5 miljoen) verkoop is en ʼn semi-outomatiese pistool wat vir $10 000 (sowat R131 000) verkoop is.

Volgens ander mediabronne was Elvis se vrou Pracilla en sy dogter, Lise Marie Presley, ook by die herdenking teenwoordig om eer te bring aan haar pa.

Lise Marie en haar drie kinders was betrokke by ʼn kerslignagwaak saam met die Elvis-aanhangers. Aanhangers het tydens hierdie nagwaak blomme, kerse en kaartjies by Elvis se graf, in die Graceland-landgoed, neergesit.

Elvis se landgoed het in die afgelope paar jaar groot opgraderings ondergaan, met die byvoeging van die “Guest House at Graceland”, ʼn luukse 450-kamer-hotel, en ʼn groot vermaaklikheidskompleks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ander Annie ·

Dit is op my wenslys om Graceland toe te gaan. Elvis is tydloos en sy musiek nog ‘n top verkoper. Een van die min sangers wat gospel en rock en roll op die verhoog kon sing met passie.

Meatloaf ·

Was by Graceland 5 jaar gelede tydens n golf toernooi in Memphis. Die woning nie so groot soos ek gedink het. Presley was lief daarvoor om van die vloere se mat te verleng tot teenaan plafon, asook sy gunsteling kleur geel in verskeie kamers. Om langs sy graf te staan was egter koue rillings.

Ander Annie ·

Meatloaf dit moes ‘n fantastiese ervaring gewees het.

Hermanus ·

Inderdaad, Valerie. Daar is genoegsame bewyse van sy dwelmverslawing en betrokkenheid by okkultisme. Hy is geen held gewees nie, net ‘n verlore siel…

Valerie ·

Hermanus; jy verstaan my punt. En deesdae is elke rock of pop “ster” wat sterf ‘n “held.” En jy is reg: verlore siele, en dit is die pynlike waarheid. Dankie dat jy verstaan.

Ander Annie ·

Elvis se gospel musiek is van die mooiste ooit. Dit was eintlik sy passie. Die Stamps wat vandag saam met die Gaithers sing, was sy “back vocals”. J D Sumner was sy bas sanger. Ongelooflike bas stem. Hulle het nagte omgesing- gospel musiek. Tydloos en pragtig.

Tina du Toit ·

Ek is verseker nie `n groot aanhanger van Elvis nie. Ek dink ek moet my skoonma bedank wat sy musiek in my keel probeer afdruk het en dit by my ore uitgeloop het. Wil `n fit vang as ek sy musiek hoor . Sorry Elvis aanhangers, maar dis hoe ek voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.