Foto’s en video: Barack Obama groet

Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Pres. Barack Obama het Amerika Dinsdagaand in ʼn emosionele toespraak gegroet.

Obama het die toespraak in Chicago gelewer. “Die werk van demokrasie was nog altyd moeilik, omstrede en somtyds bloedig. Met elke twee tree vorentoe voel dit asof ons dikwels een tree teruggee.”

Obama het egter gesê sy vertroue in die VSA is net verder versterk deur dit wat hy die afgelope agt jaar beleef het. “Die toekoms moet ons sʼn wees.” Obama het kort-kort trane weggevee, veral toe hy gepraat het oor die opofferings wat sy vrou, Michelle, en hul dogters gemaak het.

Volgens Obama het Michelle die rol van presidentsvrou “met grasie, durf, styl en goeie humor” aangepak en het sy verseker die Withuis is ʼn plek wat aan almal behoort.

Obama word binnekort vervang deur Donald Trump, die man wat Obama gewaarsku het ʼn ernstige bedreiging vir die toekoms van die land inhou. Obama se nalatenskap hang in die weegskaal aangesien Trump talle van die uitdagings wat hy in sy twee termyne aangepak het, ongedaan kan maak.

Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais

Obama het tydens sy toespraak net vinnig na sy opvolger verwys, wat die skare laat mor het. “Nee, nee, nee, nee, nee,” het Obama gesê. “Een van ons land se groot sterkpunte is die vreedsame oorgang van mag van een president na ʼn ander.”

Obama het Amerikaners versoek om empatie te hê vir al hul landsburgers – van minderhede, vlugtelinge en transgender mense tot middeljarige wit mans. Volgens Obama was daar ná sy verkiesing as die land se eerste swart president hoop vir ʼn nierassige VSA.

“Dié visie, hoe goed dit ook al bedoel is, was nooit realisties nie,” het Obama gesê. Volgens hom is die verhouding tussen verskillende rasse egter beter as ʼn paar dekades gelede.

Obama het sy toespraak geëindig met die bekende slagspreuk: “Yes we can.” En toe bygevoeg: “Yes we did.”

Obama sal ná ʼn dekade in die kollig ʼn private burger en afgetrede staatman word op die ouderdom van 55. Hy beplan om ʼn bietjie tyd te neem en ʼn boek te skryf.

Trump word op 20 Januarie as die nuwe president van die VSA ingehuldig.

Die video volg onderaan die foto’s:

https://youtu.be/S9Cz_r2sqHE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Botterblom ·

if there was a “like” button i would have press it…. Yes, if there is any possibility… please do!!!

Karma ·

Ek het al só gewens dat ons ‘n Towerfee gehad het wat haar staffie kon swaai en Trump woeps! SA se President kon gemaak het. Maar helaas, sit sal ons sit met Nummawan en die ANC tot in 2019 ……

Jan Els ·

Geluk met jou benoeming vir die swakste president in die geskiedenis van die VSA . Ek hoop jy wen.

Lance ·

Op mandela se bragrafnis het die skare stil geraak en vir die man geluister …natuurlik toe vir zuma bespot en uitgelag! Hy kan praat en kom goed oor en vir hom het sy land baie beteken .. die dat hy tranerig is .. n ware president ! !

John ·

Kyk net watter ‘nuisance’ gaan hy nou van homself maak… veral in Israel. Obama se grootheidswaan ken nou geen perke nie. Hy en Hillary, wat steeds glo sy is eintlik die nuwe president, gaan meer bemoeisiek wees as wat kan kom. Hul bondgenote is liberale nuusbronne soos CNN en andere. Sekere Afrikaanse kommentators ry, snaaks genoeg, ook saam op die heksebesems en vee fluks die wereld skoon voor die voete van die Nuwe Wereldorde (met Poetin volgende op die lys van moet-val-leiers).

jean ·

John…as daar een land is wat voor gesorg sal word, is dit Israel……Daar is beloftes in die Woord gemaak en dit sal nagekom word……

gatiep ·

Loop net asb wereld het nou oorgenoeg gehad van jou agterbaksheid.
Kamtige huil daai selfde soos daai hollywood sterre wat huil oor Trump die verskriklikke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.