Foto’s en video: Dodetal styg in Texas-oorstromings

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die dodetal in die vloed wat Texas en dele van die Amerikaanse deelstate Mexiko en Oklahoma teister, het tot so veel as 31 gestyg. Minstens 13 mense word vermis.

Die stad Houston is oornag deur ’n reuse-reënstorm getref en tot 275 mm reën is plek-plek in die stad gemeet. Na berig word is vyf mense dood en verskeie word vermis.

In nog ʼn geval word ʼn ma en haar twee seuns vermis nadat die vloed ’n vakansiehuis langs ʼn rivier meegesleur het. Die gesin het kontak met mekaar verloor toe die huis ’n brug getref en die dak afgeruk is. Slegs die pa is lewend gevind.

Volgens ou inwoners van Houston is só ’n storm nog nooit in die stad beleef nie.
Die probleem is dat die storm toegeslaan het nadat die gebied weke lank goeie reën ontvang het.

Die goewerneur, Greg Abbott, het die gebied waarvoor ’n noodtoestand verklaar is, uitgebrei.

Weerkundiges meen die vloed is deel van ’n wêreldwye verskynsel waar klimaatsverandering lei tot ongewone storms wat menselewens eis.

CNN, Mint Press News, New York Times

[wpvideo gZPz0VdX]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jacques ·

Ja lyk my al die vreeslike goed gebeur in America,moet se hulle kamp toerusting lyk goed sal nie omgee vir so bakkie met karafaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.