[Foto’s en video] Olifant wonderbaarlik uit see gered

Foto: Sri Lanka-vloot

ʼn Olifant is wonderbaarlik gered nadat hy in die see ingetrek is toe hy tussen twee eilande in Sri Lanka beweeg het.

Die reusedier is Dinsdag tydens ʼn 12 uur lange operasie deur die vloot na veiligheid gebring. Hy het desperaat probeer om sy slurp bo die water te hou toe hy opgemerk is. Hy is vermoedelik in die see meegesleur toe hy die Kokilai-strandmeer wou oorsteek.

Duikers en natuurlewebeamptes het die soogdier genader en toue om hom gebind voor hy stadig na vlakker water gesleep en vrygelaat is.

Dié reddingspoging volg ses weke nadat die vloot en plaaslike inwoners 20 loodswalvisse gered het wat gestrand geraak het by nabygeleë Trincomalee, ʼn natuurlike hawe wat bekend is vir walviskyk.

Die ministerie van verdediging het gesê die voorval het ongeveer 15 km van Kokkuthuduwai in Kokilai plaasgevind. “Seesoldate het gesien seestrome trek die olifant al verder in die see in,” lui ʼn verklaring.

Die vloot in Sri Lanka het gesê die departement van natuurlewe het die nodige opdragte verskaf wat noodsaaklik was tydens die reddingspoging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dafer ·

Goed gedoen! Dit is reg dat die mens die dier in sy nood bystaan!

Lewe ·

Lewe? Ja, die lewe is vir diere ook kosbaar. Behalwe in SA word gemoor vir slegs ‘n selfoon.
Mooi so, mense van Sri Lanka, wat ‘n wonderlike gebaar.

Neeeee Lewe ·

SA sit darem nie NET met slegte mense en moordenaars nie.
Reg oor die wêreld kry jy jou slegte EN goeie mense.
Hier eord ook darem diere EN mense gered in nood.

#stopnegativity

amvi ·

Pragtige dingetjie! Dalk het hy self gaan swem om weg te kom van die spul.
Hulle gebruik olifante as slawe of verf hulle bont vir hulle simpel rituele.
Bly hy lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.