Foto’s en video: Reusebrand by Shell-aanleg in Nederland

Brand by die aanleg Foto: @rt_com, Twitter

Brand by die aanleg Foto: @rt_com, Twitter

‘n Video volg onderaan die berig. Minstens twee mense is Dinsdagaand beseer tydens ʼn reuseontploffing by ʼn Shell-olieaanleg in Nederland.

“Hulle het slegs geringe beserings opgedoen,” het streeksbeamptes op ʼn Twitter-rekening gesê. Die ontploffing het glo tydens ʼn skofverandering plaasgevind.

Jac Klijs, burgemeester van Moerdijk, suidoos van Rotterdam, waar die aanleg geleë is, het gesê die twee personeellede het brandwonde opgedoen. Hulle sal na verwagting Woensdag reeds uit die hospitaal ontslaan word.

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie duidelik nie.

Inwoners het aan Omroep Brabant, die plaaslike radio- en televisienetwerk, gesê “twee kragtige skokke” het omstreeks 22:45 plaasgevind. “Die aarde het soos ʼn aardbewing geskud,” het die inwoners gesê. ʼn Reusevlam was kilometers ver van die perseel sigbaar maar Klijs het gesê die rook is nie gevaarlik nie.

Owerhede het wel inwoners aangeraai om binnenshuis te bly en die vensters op knip te hou.

Alle pad- en rivierverkeer naby aan die perseel is opgeskort.

Shell se 320 hektaar grootte chemiese aanleg vervaardig olie-gebaseerde chemikalieë wat onder andere in sintetiese vesels, verf en teenvriesmiddel gebruik word.

Die nuusagentskap HLN het Woensdagoggend om 05:00 berig die brand is nog nie onder beheer gebring nie. -SAPA

Klik hier vir nog foto’s en video’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.