Foto’s en video: Tesla ontplof, skeur in twee tydens ongeluk

Foto: @rmgnews, Twitter

Foto: @rmgnews, Twitter

Een persoon is dood en minstens ses mense is Vrydagoggend in Wes-Hollywood in Amerika beseer toe ʼn gesteelde Tesla-motor ontplof en in twee geskeur het ná ʼn wilde jaagtog met die polisie.

Die Tesla is glo van ʼn nabygeleë motorhandelaar gesteel.

Die motor se litiumbattery het glo ontplof toe dit eers twee ander motors en daarna ʼn verkeerslig getref het. Van die inwoners was onder die indruk dat die geluide Onafhanklikheidsdag-vuurwerke is. Daar was twee vermeende diewe in die Tesla. Een persoon is uit die motor gewerp. Daar was vyf persone in die twee ander motors wat getref is. Brandbestryders moes die dak van ‘n Honda afsny om die beseerdes te red.

Een helfte van die Tesla het tussen twee mure van die Kol Ami-sinagoge beland.

Merkwaardige beeldmateriaal van die ongelukstoneel volg in die video onderaan die fotogalery.


http://youtu.be/V3BNBKDMEhQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.