[Foto’s] Gekskeerdery oor Mej. Heelal-gedoente

'n Suid-Afrikaanse weergawe wat verwys na pres. Jacob Zuma se onverwagse aanstelling van David van Rooyen in die pos van minister van finansies, voor hy binne vyf dae deur Pravin Gordhan vervang is

‘n Suid-Afrikaanse weergawe wat verwys na pres. Jacob Zuma se onverwagse aanstelling van David van Rooyen in die pos van minister van finansies, voor hy binne vyf dae deur Pravin Gordhan vervang is

Talle grappige prente doen die ronde op sosiale media ná die komediant Steve Harvey Sondagaand per ongeluk eers die verkeerde wenner aangewys het tydens Mej. Heelal 2015.

Maroela Media het vroeër berig Harvey het eers Mej. Colombia, Ariadna Gutierrez, aangekondig as die wenner, voor hy sy fout besef en om verskoning gevra het. Pia Alonzo Wurtzbach, Mej. Filippyne, is ʼn paar sekondes later as wenner gekroon.

Harvey het op Twitter ook om verskoning gevra aan die deelnemers en kykers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

Hierdie is die swakste van swak wat ek al ooit gesien het. Verbeel jouself, jy word aangekondig as Mej Heelal….jou wêreld verander in ‘n oogwink, jou toekoms verander in ‘n oogwink, jou verhoudings verander in ‘n oogwink, die jaar wat voorlê verander in ‘n oogwink, jy familie is in ekstase, die pryse wat jy ontvang, die borgskappe, die toekoms geleenthede, jou reis planne….alles, maar ALLES verander in ‘n oogwink……….tot die idioot wat die kaartjie met die uitslag daarop dit alles vir jou vernietig, en iemand anders aanwys as die “wenner”. Die hele situasie wat net ongemaklik…die arme “werklike wenner” het nie soos een gevoel nie, en mens kon dit sien. Dit het amper gelyk asof sy vir Mej Colombia wou sê “Weet jy wat? Vat jy maar die kroon….” Mej Fillipyne se “groot oomblik” is vir ewig verwoes deur NAR Harvey. Mej Colombia se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie…..want orals waar sy gaan sal daar na haar verwys word as die “30 sekondes Mej Heelal”. Hoe kompenseer mens daarvoor? Het die aap wat die uitslag moes lees nie ‘n gehoorstuk in sy oor nie? Maak hy nie SEKER van wat hy lees nie? Is dit omdat hy nie ‘n snars verstaan van die impak van so ‘n aankondiging nie? Ek kry daai twee meisies regtig jammer….Wat ‘n ongelooflik fantastiese oomblik moes gewees het, is vir ewig verwoes deur ‘n pateet, wat blykbaar nie eens ‘n skoonheidskompetisie se uitslag reg kan LEES nie….terwyl Forty Sixty and a half Million and twenty sixty eleventy mense daarna kyk op TV!!

Sarel Strydom ·

Wel, miskien sal hy nou weer bietjie aarde toe kom!

Wel, miskien sal y nou weer bietjie aarde toe kom.

Ronnie ·

Chill, julle, daar is baie erger goed wat al gebeur het en nog gaan gebeur. Sela.

SNEL ·

Johann Marx, jy praat waar, dis n oomblik gesteel, ek kry daai twee dametjies ook bitter jammer. Jou laaste sin en Bart se kommentaar het my dag gemaak :)

Elizabeth ·

Steve Harvey het tog sekerlik nie die kompetisiepunte getally nie? Het hy nie net gelees wat vir hom gegee is nie?

Theresa ·

Dit was ‘n swak fout. En hy het dit nie na ‘n paar sekondes agtergekom nie. Dit was nader aan amper 2 minute. As ek Mej Columbia was, sou ek hom ‘n warm klap gegee het.

Deon ·

Ek is seker die organiseerders kan gedagvaar word vir “public embarrasment” deur beide “wenners”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.