Nog foto’s volg onderaan die berig. ʼn Veldbrand wat ʼn paartjie se troudag Saterdag ontwrig het, het hulle ook die beste agtergrond vir ʼn foto gebied en dié foto maak nou opslae op sosiale media.
Die brand het Saterdag in Oregon, Amerika uitgebreek en al die gaste by die troue moes ontruim, het OregonLive berig. Die dominee moes sy diens kortknip en almal het gejuig en begin ontruim om na die onthaalsaal te gaan.
Josh Newton, die paartjie se fotograaf, het ʼn paar foto’s van die twee met die brand in die agtergrond geneem.
Michael Wolber, die bruidegom, het gesê dit was “die mooiste troue wat ons ooit oor kon droom”. Hy en sy vrou, April Hartley, bly in Aloha en werk al twee vir Nike.
Die brandweer het mense in die gebied versoek om, as ʼn voorkomingsmaatreël, te ontruim, aangesien die wind die brand aangeblaas het. -SAPA
Brandende liefde,hoop dit sal nooit uitbrand nie!
WOW! Dit sal ‘n pragtige voorblad vir ‘n liefdes romanboek maak!