Foto’s: Goudvis geopereer om gewas te verwyder

Foto: Lort Smith-dierekliniek/Facebook

Foto: Lort Smith-dierekliniek/Facebook

George, ʼn goudvis van Australië, sterk tuis aan nadat hy ʼn operasie ondergaan het om ʼn lewensbedreigende gewas te verwyder.

BBC berig dat George onder verdowing geplaas is vir die prosedure wat sy eienaar sowat $200 (sowat R2 200) uit die sak gejaag het.

Volgens die veearts kan die 10-jarige vis nou nog 20 jaar leef. Dr. Tristan Rich, wat die operasie uitgevoer het, het aan Melbourne se 3AW-radiostasie gesê: “George het ʼn groot gewas bo-op sy kop gehad en dit begin om sy lewenskwaliteit te beïnvloed.” Die operasie het sowat 45 minute geduur.

Die foto’s is deur die Lort Smith-dierekliniek, waar geopereer is, op Facebook gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

C j ·

Ag regtig dit is soos stokou nuus. Bondi Vet op AnimPlanet het laas jaar die operasie op n goudvis igedoen wat ‘n gewas gehad het. Die joernalis het seker dit gesien en Voila dit is nou nuus. Dink hulle nou ons sien dit nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê CJ

Daar is inderdaad al voorheen soortgelyke operasies op goudvisse uitgevoer, waaronder gewasse wat verwyder is. Daar was byvoorbeeld ‘n geval in 2012 en in 2013 (vermoedelik die een waarna jy verwys). Die operasie waaroor hier berig word is op 11 September 2014 uitgevoer. Besoek gerus die dierekliniek, waar die vissie geopereer is, se Facebook-blad vir meer inligting: https://www.facebook.com/lortsmithhospital/posts/10152296306636759

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Estelle ·

Party mense het hopeloos te veel geld! Kon ‘n skool visse gekoop het met die bedrag wat betaal is! Ridiculous

linkie ·

Sekere mense se diere is hul kinders, hulle sal al die nodige stappe neem indien nodig. As die persoon R 100 000 op sy vissie wil spandeer om sy lewenskwaliteit te verbeter, good for him. Beteken hyt darem ‘n binneste! Daar is nie meer veel van hulle daar buite nie.

G Visser ·

Sterkte vir George en sy familie en vriende in die tenk . Ons hou vir jou vinvas .

martie ·

Die vis waarop dr Chris Brown in Bomdi Vet geopereer het was n Koi-vis. Die ene is n kleiner goudvissie.

Louis ·

Hoop dit was `n gewas en nie `n klier wat sy groei beperk het nie, want nou kan George dalk `n Walvis word !!

Jasper ·

So sit ek nou en wonder….. Dalk kan ek daar gaan praktiseer as “OnderwaterTinktinkieTatoëerder”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.