[Foto’s] Grootste skeepsvaart-skouspel in die wêreld

Foto: Sail.nl

Foto: Sail.nl

Die wêreld se grootste skeepsvaart-skouspel word tans in Nederland aangebied.

Sedert die eerste skouspel in 1975 vind SAIL Amsterdam elke vyf jaar in die hoofstad van Nederland plaas.

Dit is die wêreld se grootste gratis skeepsvaartgeleentheid en die grootste openbare geleentheid in Nederland.

Meer as 600 skepe vaar deur die Noordsee-kanaal tot by IJhaven in Amsterdam.

Vanjaar se skouspel vind tussen 19 en 23 Augustus plaas.

Daar is talle geskiedkundige skepe, Nederlandse vaartuie en moderne skepe van dwarsoor die wêreld.

Volg die geleentheid op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.