[Foto’s] Hulde gebring aan Manchester-terreurslagoffers

Miley Cyrus en Ariana Grande (Foto: ANA)

Sowat 50 000 konsertgangers het die afgelope naweek die Amerikaanse sangeres Ariana Grande se One Love-liefdadigheidskonsert by die Old Trafford-krieketveld in Manchester, Engeland, bygewoon om saam te staan teen terreur wêreldwyd.

Dié konsert volg nadat 22 mense, onder wie talle kinders, op 22 Mei gesterf het ná ʼn terreuraanval na afloop van die sangeres se Manchester-optrede as deel van haar Dangerous Woman-toer.

Dié konsert, wat ook ter nagedagtenis aan die oorledenes gehou is, is geopen deur die Britse digter Tony Walsh. Hy het sy teenterreur-boodskap opgedra aan die slagoffers wat Saterdag in ʼn ander terreuraanval in Londen gesterf het.

Scooter Braun, Grande se agent, het gesê dié konsert is ʼn bewys dat vrees en haat mense nié kan skei nie, en dat mense moet saamstaan teen terreur wat onskuldige mense uitwis.

Daar was ʼn groot polisieteenwoordigheid by die konsert gewees. Ander sangers soos Justin Bieber, Katy Perry, Coldplay, Pharrel Williams, Robbie Williams en Miley Cyrus was ook by die konsert te sien.

Die One Love-konsert is regstreeks uitgesaai op BBC One in altesaam 50 lande wêreldwyd.

Sowat £2 miljoen (ongeveer R32 miljoen) is vir die We Love Manchester-noodfonds ingesamel.

Bykomende bron: Mirror

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Melt Olckers ·

Merkwaardige vrou, dat sy ten spyte van die skok wat sy beleef het, kan terugkom na Manchester toe en so ‘n konsert kan reel ten bate van die slagoffers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.