[Foto’s] Hyskraan val op motors

Foto: CICA/Facebook

Foto: CICA/Facebook

Groot skade is aangerig toe ʼn hyskraan voor die kantoor van die Walvisbaai-munisipaliteit in Namibië omgeslaan het.

Kevin Adams, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê niemand is tydens die voorval Woensdag beseer nie. “Die hyskraan is gebruik om ʼn groot markiestent af te slaan wat vir ʼn Heldedagviering gebruik is. Die operateur het moontlik beheer verloor en die hyskraan het omgeslaan.”

Die hyskraan het op drie motors geval en dit erg beskadig. Volgens Adams kan die munisipaliteit nie verantwoordelik gehou word vir die voorval nie al het dit op hulle perseel plaasgevind.

‘n Groot groep mense het op die toneel saamgedrom. Walvis Bay Plant & Tool Hire, wat die hyskraan besit, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

eugene ·

gelukkig is niemand beseer nie
WBPTH gaan nou lekker besig wees na die mooi advertensie
hoop nie julle het n klomp moungatte nie – almal maak n foutjie!
sterkte

m ·

Imagine dis jou kar wat platgeval is dan gaan jy beslis nie baie gelukkig wees nie…………………………..

Willie E ·

Hoekom sien ek dat die “outriggers” net aan die voorkant(kajuitkant) van die kraan uitgestoot is? Geen “outriggers” is uit aan die agterkant van die kraan nie. Dis net ‘n opmerking toe ek na die fotos kyk,ek mag verkeerd wees.

zahn ·

Ek wil nou net dieselfde ding vra. Daai masjien sal darem nou lekker maklik kan ghries, ek hoop hulle maak gebruik van die geleentheid….

Ontspan ·

Ontspan, outriggers was uit. Verdomde waterpyp onder Outrigger was die nare ding. Ek ken nie en is nie familie, maar het al met hulle gewerk. Walvis Bay Plant en Tool is altyd baie presies. Ongelukkig gebeur ongelukke, hulle het dadelik probleem begin uitsorteer. Kom ons wees almal net happy niemand is beseer of dood nie, van die voertuig eienaars ken ek, hul hanteer dit baie beter as ons die toeskouers.

Jakkalas ·

Willie jy is reg daars niks outriggers aan die voorkant nie. Dit is tans die rede waarom hy omgeval het behalwe dit is die toerusting toegerus met ‘n rekenaar aan boord wat jou waarsku indien jy te swaar probeer optel of ” over extend” ens. Dit is blote nalatigheid en kan baie bly wees niemand is beseer nie.

Jy was daar ·

Jakalas jy was daar, ai dan moet jy opleiding gee! Wonder net wat het die damme water veroorsaak, oops jy het die pyp misgekyk, as daai pyp nie meegegee het, was hier nou geen nuus. Hul moes natuurlik eers seker gemaak het daar is geen pype onder wat met daai gewig en druk kan meegee nie.

Cherokee ·

Seker net in SWA wat ‘n groot trok kan take-off soos ‘n vuurpyl.

Cherokee ·

Dit is ‘n kraan gemonteer op ‘n trok wat dit toe ‘n mobiele kraan maak. Hulle lê nie altyd op karre nie.

Stem saam ·

Stem saam hul le nie altyd op karre, maar jy weet boggerol van n hyskraan! Dit is n mobiele kraan, daar is nerens trok, groot verskil tussen trok met n kraan-lg is n vulletjie teen die kraan!

Karma ·

@Cherokee ….. lekker gelag vir jou kommentaar. Haai foeitog, dink net watter skok dit moes gewees het vir die eienaars van die voertuie. Ek sou my doodgehuil het oor my ou tjorrie wat ek met soveel bloedsweet nou al vir 2½ jaar afbetaal.

Cherokee ·

Hehehahee.. hallo Karma. Ek het ook gewonder oor wat in die bestuurder van daai plat kar se kop aangegaan het toe hy terug gekeer het na waar hy ‘n heel kar geparkeer het. :-)

eben ·

Ongelukke met krane kom voor,maar in alle gevalle bly jy weg van teer in n dorp of stad want jy het waterlyne onder die teerpaaie.

Jakkalas ·

Na regte word groter panele onder die outriggers se pote geplaas om die gewig te versprei en te verhoed dat gate in die teer/grond gedruk word. Is nie seker of die panele egter gebruik was nie. Soos ek dink daar was nalatigheid en die ondersoek sal dit ook so toon.

Jy was daar ·

Nou begin jy sin maak Jakkalas. 100% eben! Ongelukkig moet mens soms so outjie met groot swaar goed inspan. Dieselfde kraan het die set up gedoen -weet net nie of die posisie presies dieselfde was.

Riaan ·

Paar motors erg beskadig ek sou se heeltemal in hulle maai in

Janine ·

Ek huil my dood as dit my tjorrie moet oorkom….:/ LMGA @ Riaan. Jy is doodreg. Daai is net net skade nie, daai is in hul dinges in…hehehehe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.