Florida het Woensdag die skade van orkaan Idalia se oorstromings begin bepaal nadat die kragtige storm kusgemeenskappe getref en duisende mense sonder krag gelaat het. Die orkaan het teen die suidoostelike Amerikaanse kus gevorder en bykomende stormvloede meegebring.
Maroela Media het vroeër berig owerhede in dié suidelike Amerikaanse staat het Idalia en sy rampspoedige storm as ʼn eens-in-ʼn-leeftyd-gebeurtenis vir Florida se noordwestelike kus beskryf.
Nadat die orkaan groot skade in die sogenaamde sonskynstaat aangerig het, het dit ook die buurstaat Georgia getref. Dit het daarna tot ʼn tropiese storm verswak wat die streek nietemin met 250 mm reën deurdrenk en lewensgevaarlike oorstromings in kusgebiede veroorsaak het.
Alhoewel daar geen onmiddellike bevestigde sterftes was nie, het Ron DeSantis, goewerneur van Florida, benadruk dat dié situasie vinnig kan verander, gegewe die storm se omvang.
Amptenare sê nooddienspersoneel, ook soek-en‑reddingspanne, is operasioneel, maar het gewaarsku dat dit tyd kan neem om meer afgeleë gebiede te bereik wat deur ontwortelde bome of vloedwater van die buitewêreld afgesny is.
Die “uiters gevaarlike” kategorie 3‑orkaan het Florida se moerasagtige, yl bevolkte Big Bend-gebied Woensdag omstreeks 07:45 getref, berig die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum (NHC).
Volgens NHC het die storm met maksimum volgehoue wind van ongeveer 215 km/h naby die gemeenskap van Keaton Beach die land getref en daar is ʼn moontlikheid van verwoestende oorstromings in sommige kusgebiede.
Alhoewel Idalia tot ʼn kategorie 1-orkaan verswak het en uiteindelik as ʼn tropiese storm geklassifiseer is, het dit gevaarlik gebly terwyl dit oor Georgia en Suid-Carolina gewoed het.
“Ons het tans nog baie vloedwater in die stad en sommige reddingsoperasies was teen Woensdagaand nog aan die gang,” het Ben Almquist, noodbestuursdirekteur vir Charleston, Suid-Carolina, aan CNN gesê.
“Idalia het egter Donderdagoggend haar laaste asem uitgeblaas.
“Alles behoort te verbeter sodra die middernagtelike uur vir omtrent almal verby is,” het Ron Morales, ʼn meteoroloog by die nasionale weerdiens wat in Charleston gesetel is, aan die stad se The Post and Courier gesê.
Idalia sal hom na verwagting later Donderdag oor die Atlantiese Oseaan uitwoed.
Category 4 Hurricane Idalia makes landfall in Florida bringing waves 12ft, tornado – hope it passes quickly????#Hurricane #HurricaneIdalia2023 #HurricanIdalia #earthquake #Idalia #IDALIAhurricane pic.twitter.com/hjOdIYPWLB
— Businessweek (@businessweek07) August 31, 2023
????HURRICANE IDALIA UPDATE????
????FLORIDA AFTERMATH????
Hurricane Idalia drone footage reveals whole neighbourhoods underwater in Florida:
Hurricane Idalia has been downgraded to a tropical storm as it nears South Carolina having crossed both Florida and Georgia, the National… pic.twitter.com/S5axziTeFo
— {Matt} $XRPatriot (@matttttt187) August 31, 2023
This too shall pass, but before it does #Idalia left Floridians and Georgians with flooding, power outages, property and tree damage, and a record storm surge.
The storm is currently drenching The Carolinas. pic.twitter.com/zdMhxfUHY9
— The Weather Channel (@weatherchannel) August 31, 2023
Ek het al baie gewonder hoe sal Suid-Afrikaanse nooddienste op soiets reageer?
Dieselfde as ‘n gebarsde waterpyp, waarskynlik na so 2 weke.
Met die agtste wonder van die wereld Bheki Cele…..ja broer!
Suid Afrika het nie kategorie-3 orkane nie, mense is nie opgelei daarvoor nie. Ons kan net hoop vir die beste in enige traumatiese situasie.
So orkaan het die hele Suid Afrika ongeveer 29 jaar gelede getref. Dit woed steeds sigbaar, tasbaar en voelbaar voort! Hier noem ons dit ANC orkaan!