[Foto’s] Identiese drieling is ‘een uit 200 miljoen’

Becki-Jo Allen en haar drie seuns, Roman, Rocco en Rohan (Foto: Liverpool Echo)

Becki-Jo Allen en haar drie seuns, Roman, Rocco en Rohan (Foto: Liverpool Echo)

Die 23-jarige ma van ʼn drieling, Roman, Rocco en Rohan, het sopas uitgevind dat hulle identies is – die kans daarvoor is een uit elke 200 miljoen.

Becki-Jo Allen van Gateacre in Liverpool, Engeland, se drieling is verlede jaar gebore en hulle moes ses weke lank in die hoësorgeenheid van die hospitaal bly.

Sy het monsters ingestuur vir hul DNS om getoets te word ná talle persone opgemerk het dat hulle baie na mekaar lyk, en die uitslag het sopas bevestig dat hulle ʼn identiese drieling is.

Volgens Becki-Jo sukkel sy glad nie om die drie, wat nou 10 maande oud is, uit te ken nie, weens hul unieke eienskappe en persoonlikhede. “Toe hulle pasgebore was, was dit nogal moeilik om hulle uit te ken, maar ek het nie deurmekaar geword nie,” het sy gesê. “Hulle het al drie donker geboortevlekke tussen hul wenkbroue, maar Roman sʼn is effe donkerder. Rohan het ook ʼn geboortevlek op sy been.”

Volgens die Stigting vir Veelvoudige Geboortes, is die enigste manier om te bepaal of ʼn tweeling of drieling identies is, gewoonlik DNS-toetse.

Becki-Jo het natuurlik swanger geword. Haar drieling is een van slegs ʼn handjievol drielinge in Engeland wat weens ʼn natuurlike swangerskap gebore is.

Die drie boeties het ʼn driejarige ouer sussie, Indiana.

Lees meer: Daily Mail, Liverpool Echo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gesiggie ·

Ag Moeder is dit nou nie te dierbaar vir woorde…..die mooiste 3 gesiggies…..n ware trots…. kan dink hoe moeilik dit vir Mamma moes gewees het om te weet wie is wie? maar gelukkig het elkeen toe sy eie unieke manier , sodat dit makliker kan wees om hul uit te ken… n ware BLESSING….

AmY ·

Hulle is die mooiste goedjies! Maar eerder daai ma as ek! ☺

Anneri ·

Soooo oulik… Is dit vreemd dat die fotos my broeis maak? Haha

Suemeria Nel ·

My man se pa was ‘n identiese drieling… Daar is nou net ongelukkig een boetie oor! Daar was talle en talle nuus berigte oor my man se pa’hul in die koerant. Die koerant het hulle gevolg van geboorte tot en met hulle 50ste verjaarsdag, en dit was 10jaar terug. Ons het nou nog al die berigte, ‘n drieling is waarlik merkwaardig!! So mooi om sulke storie nou raak te lees…

johann cb ·

Wat ‘n pragtige gesin! Jy kry hulle sommer lief net van kyk na die fotos! Kyk net hoe “geheg” aan mekaar. Ons hoop om meer van hulle te sien as hulle ouer is.

Voorlaaier ·

My oorlede pa het altyd gese as ek i drieling was het hy 2 van ons vermoor wat sy senuwees en gatsak sou dit ni maak ni……

Leeukuil ·

Ek en jy, ons drie is ‘n vierling. Ons vyf , lyk al ses die selfde!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.