[Foto’s] Iran-Irak-aardbewing dodelikste vir 2017

Reddingswerkers soek na oorledenes onder die puin in Sarpol-e Zahab in Iran (13 November 2017). Foto: Xinhua/Ahmad Halabisaz

Die kragtige aardbewing van 7,3 wat die grens tussen Iran en die noorde van Irak Sondagaand getref het, word as die dodelikste aardbewing vir 2017 bestempel nadat die dodetal aansienlik gestyg het.

Volgens die Islamic Republic of Iran News Network (IRINN) is minstens 407 mense in Iran se westelike Kermanshah-provinsie dood en meer as 6 700 beseer. CNN het Dinsdag berig minstens 452 mense is in die aardbewing dood, waarvan 100 net in een stad in Kermanshah gesterf het.

Dié aardbewing het selfs meer lewens geëis as die aardbewing wat Mexico City in September vanjaar getref het waarin minstens 361 mense gesterf het.

Die skade van die kragtige aardbewing wat die grens tussen Iran en die noorde van Irak getref het (13 November 2017). Foto: Xinhua/Ahmad Halabisaz

Maroela Media het vroeër berig die aardbewing se episentrum was 31 km buite die stad Halabja teen ʼn diepte van 23,2 km, ʼn oppervlakkige diepte wat breër skade tot gevolg kan hê. Die aardbewing is deur meer as 100 naskokke gevolg.

Iran het Dinsdag as ʼn dag van rou verklaar vir al die slagoffers wat in die tragiese natuurramp gesterf het. Die kabinet het sy medelye aan die naasbestaandes van die oorledenes uitgespreek en die meer as 7 000 beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

Die meeste van die aardbewing se slagoffers was in Iran, met die meeste sterftes in Sarpol-e Zahab. In Irak het daar volgendes berigte agt mense gesterf en is meer as 500 mense beseer. Iran se pres. Hassan Rowhani sal Dinsdag die gebiede besoek wat deur die aardbewing geraak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ouma ·

Toe ons kinders was, is ons nooit toegelaat om die word “verskriklik” te gebruik in opstelle nie. Ons onderwyser het altyd gesê die oordeelsdag sal verskriklik wees. Maar om deur hierdie aardbewing te moes gaan, moes verskriklik wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.