Die dodetal styg steeds ná die aardbewings en gevolglike sneeustorting in Italië.
Die dodetal staan reeds op 12 met 17 mense wat steeds vermis word.
Maroela Media het vroeër berig dat sommige dorpe heeltemal afgesny is en onder meer as ʼn meter sneeu begrawe lê. Paolo Gentiloni, premier van Italië, het aanvanklik gesê dit lyk nie of daar enige lewensverlies is nie.
Die sneeustorting het tot gevolg gehad dat ʼn hotel onder die sneeu begrawe is. Noodpersoneel het deur die nag vyf liggame gevind. Die soektog duur vandag voort, hoewel dit onwaarskynlik is dat iemand vir ses dae ná die erge sneeustorm nog lewend gevind sal word.
Reddingswerkers het tot hul verbasing drie hondjies, wat aan een van die Rigopiano Hotel se gaste behoort, gevind. Die hondjies is egter ver weg van waar noodpersoneel gedink het die vermiste mense en diere sou wees, gekry.
Die moontlikheid word intussen ondersoek dat kommunikasiegapings, die onderskatting van risikowaarskuwings en vertragings in terugvoer dalk kon bydra tot die hoë dodetal van die gebeure op 18 Januarie.
Die eerste begrafnisse word Dinsdag gehou.
Ag moeder! Te oulik. En hulle is darem terug by hulle ouers.
Is dit nou nie dierbaar nie.
White swiss dogs!
Nee, dis Samoyeds. Ek het ook een. Baie skaars honde. hulle kom ook van Siberië af. Dierbare honde!
Ag pragtig!!! Dis eintlik baba Pirenese Berghondjies daai, maar die Samoyeds is ook familie van hulle. Hulle is regte sneeuhonde. Wens so ek kan enetjie weer kry……….