[Foto’s] Italië weer geskud

'n Brandbestryder by een van die geboue in Visso wat beskadig is. Foto: Pietro Crocchioni/ANSA via AP

‘n Brandbestryder by een van die geboue in Visso wat beskadig is. Foto: Pietro Crocchioni/ANSA via AP

Inwoners van Rome het Woensdagnag die strate ingestroom toe verskeie aardbewings naby die dorpie Visso aan die ander kant van Italië voorgekom het. Die sterkste hiervan het 6,1 gemeet, met verskeie ligter skokke wat dit voorafgegaan het en weer op die grote gevolg het.

Die episentrum was 10 km onder die oppervlak, wat as vlak beskou word, en veroorsaak het dat verskeie geboue ineengestort het. Verskeie mense is beseer, en een persoon is aan ’n hartaanval dood.

Dit is dieselfde omgewing as waar ’n skudding van 6,2 in Augustus die lewe van sowat 300 mense geëis het.

’n Verskuiwingsvlak loop van die verskuiwingsvlak in die Middellandse See al langs die Adriatiese See tot in Switserland. Verskeie aardbewings van 4 of meer het in die jongste ruk langs hierdie vlak voorgekom, waaronder in Switserland, Griekeland en nog een in Italië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.