[Foto’s] John Lennon-kitaar vir R33.9 miljoen verkoop

John Lennon en die akoestiese kitaar wat vir R33 miljoen verkoop is Foto: Julien's Auctions

John Lennon en die akoestiese kitaar wat vir R33 miljoen verkoop is Foto: Julien’s Auctions

ʼn Akoestiese kitaar wat John Lennon gebruik het om “Love me do”, “I want to hold your hand” en ander treffers te skryf en op te neem, is vir $2.4 miljoen op ʼn veiling verkoop.

Volgens Julien’s Auctions is die Gibson J-160E-kitaar Saterdag aan ʼn anonieme koper verkoop.

Die afslaers het gesê die kitaar is een van slegs twee van sy soort wat in 1962 van Amerika na Engeland vir Lennon en George Harrison gestuur is. Lennon het die kitaar vir ongeveer ʼn jaar lank gebruik voordat hy dit met Harrison uitgeruil het. Die kitaar het egter tydens ʼn Kersfeeskonsert in 1963 verdwyn.

Meer as 50 jaar het verloop voordat John McCaw van San Diego in Kalifornië verlede jaar ontdek het dat ʼn kitaar in sy besit moontlik historiese waarde het. McCaw het die kitaar in die laat 1960’s vir $275 gekoop en het verlede jaar ʼn tydskrifartikel oor Harrison gesien met ʼn foto waarop ʼn kitaar verskyn – met soortgelyke merke.

ʼn Kenner kon die kitaar se reeksnommer, houtgrein en merke vergelyk met die kitaar wat Lennon in die vroeë 1960’s gebruik het, het die afslaers in ʼn persverklaring bevestig.

Julien’s Auctions het bygevoeg ʼn vel van die drommestel wat die Beatles in hul veelbesproke vertoning op The Ed Sullivan Show (video volg onderaan die foto’s) gebruik het, is Saterdag vir $2.1 miljoen verkoop.

John Lennon se voorgeskrewe bril is Saterdag by dieselfde veiling vir $25 000 (meer as R350 000) verkoop.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Kyk die R/Dollar verhouding. Absoluut ‘n nikswerd Rand maar ‘n nuwe vliegtuig vir Zuma se rondrits van R4miljard as ek reg gehoor het. En ons kla oor Nkandla . . .

JJ ·

In die jaar toe die kitaar gemaak is, was $2, 4 mijoen maar net R1 715 760,00…..nou’s dit R33 900 000,00. Wag nog so paar jaar….dan kos ‘n brood soveel.

EMK ·

Ek is en was nog alty d’n Beatles “fan” maar wraggies – ek kan aan BAIE beter maniere dink om soveel geld te spandeer. In tye wat mense oral sukkel… nee wat verspot, regtig.

neelsie ·

Om n mens te verhef tot n god!
Om aan n musiekinsrument soveel waarde te heg maak die lewe “goedkoop”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.