[Foto’s] Karnaval in Rio

Rio se karnaval (Foto: Leo Correa)

Paramedici help deelnemers nadat die boonste gedeelte van ‘n vlot inmekaargesak het. (Foto: Leo Correa)

Minstens 17 mense is Dinsdagoggend tydens die karnavaloptog in Rio de Janeiro, Brasilië, beseer toe die boonste gedeelte van ʼn vlot inmekaargesak het. Die vrolikheid het egter voortgegaan.

Die karnaval lok jaarliks duisende mense met meer as 70% van Rio se hotelle wat volbespreek is vir die geleentheid. Die karnaval het Vrydag begin.

Felix Souza, een van die deelnemers, het gesê hy het langs die vlot gedans toe hy ʼn harde slag hoor. “Mense het begin skree en ons het nie verstaan wat aan die gang was nie. Dit was ʼn paniekerige oomblik vir ons almal.”

Die deelnemers het op die sypaadjies gehuil terwyl die beseerdes deur paramedici gehelp is. Die optog is vir 25 minute onderbreek.

Ailton Freitas, ʼn direkteur van die dansskool aan wie die vlot behoort het, het gesê die vlotte is gereeld getoets voor die karnaval. “Ons het dit drie keer per week getoets met meer gewig as wat dit vandag gedra het. Kort voor die karnaval het ons dit daagliks getoets. Ons is self geskok oor wat gebeur het.”

Vroeër tydens die karnavaloptog was daar soortgelyke voorvalle toe ʼn deelnemer van ʼn vlot afgeval het en 20 mense beseer is toe ʼn ander vlot in ʼn botsing betrokke was.

Die polisie ondersoek die voorvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.