Foto’s: Kongresgebou in VSA bestorm

Foto: Samuel Corum/Getty Images/AFP

Ondersteuners van pres. Donald Trump het Woensdag die Kongresgebou in Washington bestorm.

Die betogers het deur die deure van die gebou gebars waar die kongres besig was om Joe Biden se oorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing te bekragtig. Lede van die huis van verteenwoordigers en die senaat is deur polisiebeamptes uit die senaatsaal begelei.

Volgens berigte is ‘n persoon op die kongresgronde geskiet en gewond. Traangas is gebruik nadat die polisie en betogers slaags geraak het. Talle polisiebeamptes is glo beseer terwyl talle betogers reeds in hegtenis geneem is. Die Nasionale Wag is intussen ook ontplooi om die onluste te probeer bedwing.

Trump het sy ondersteuners op Twitter gevra om vreedsaam te betoog. “Geen geweld. Onthou ons is die party van wet en orde. Respekteer die wet en ons wonderlike mans en vroue in blou.”

Mike Pence, visepresident van die VSA, het intussen gesê alle Amerikaners het die reg om vreedsaam te betoog maar dat die “aanval” op die kongresgebou nie geduld sal word nie en dat alle betrokkenes aan die pen sal ry.

Foto: Samuel Corum/Getty Images/AFP

Foto: Samuel Corum/Getty Images/AFP

Foto: Samuel Corum/Getty Images/AFP

Foto: Olivier DOULIERY/ AFP

WASHINGTON, DC – JANUARY 06: Protesters supporting U.S. President Donald Trump break into the U.S. Capitol on January 06, 2021 in Foto: Win McNamee/Getty Images/AFP

Foto: SAUL LOEB/AFP

Foto: Saul LOEB/AFP

Foto: Saul LOEB/AFP

Foto: Drew Angerer/Getty Images/AFP

Foto: Drew Angerer/Getty Images/AFP

Foto: Win McNamee/Getty Images/AFP

Foto: Win McNamee/Getty Images/AFP

Foto: Win McNamee/Getty Images/AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.