[Foto’s] Koningin Elizabeth II ‘rots van stabiliteit’

Foto: royal.gov.uk

Foto: royal.gov.uk

Koningin Elizabeth II (89) is nou amptelik die langste regerende Britse monarg. Sy het pas haar groot oumagrootjie, koningin Victoria, se rekord van 63 jaar en sewe maande gebreek. Die presiese oomblik wanneer Elizabeth koningin geword het, is nie bekend nie omdat haar pa, koning George VI, op 6 Februarie 1952 in die vroeë oggendure oorlede is.

Die Britse premier, David Cameron, het op Twitter sy lof uitgespreek: “Haar majesteit is die laaste 63 jaar ʼn rots van stabiliteit in ʼn wêreld wat konstant verander.”

Daar word omtrent fees gevier in Brittanje en koning Elizabeth word op verskeie maniere vereer. In die hart van Londen flikker die BT-toring byvoorbeeld die woorde: “Mag sy lank regeer.”

Die koningin bring die dag in Skotland deur op ’n amptelike besoek.

Lees die volledige berig hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bruno Stef ·

Geluk ou Liesbet nommer twee ek stem saam met die rotsvasheid weet net nie wie jou gaan opvolg nie daar is maar sommige wankelrige gesinslede met nie goeie reputasies nie.

Boesman ·

Ek het nog altyd gewonder wat is die doel nou eintlik met ‘n koningin. Wat beteken sy nou eintlik vir Engeland? Hulle het mos ‘n PM?

Gideon Roos ·

Ek kan vir jou een ding sê, en dit is dat ‘n figuur soos ‘n koningin, veral ‘n konstitusionele koningin wat nie in politiek betrokke is nie, en dus neutral kan kyk na wat beste is vir die land, verskaf ‘n punt van ooreenkoms en eenheid aan die mense van die land. Sy is die nie-politieke focus punt van trots and die mense van Engeland, en die res van die Common Wealth, mense kyk na haar vir leiding wanneer hulle onseker oor ‘n situasie is. Ek dink om so iemand te hê, wat nie aan ‘n spesifieke politieke party of posisie gekoppel is nie, wat ‘n neutrale, objektiewe punt van gemeenskap vir ‘n land se mense is, kan ons land baie baad.

Vra vir enige Brit, hetsy hy huidig in Engeland bly of nie, en maak nie saak wat sy politieke-, persoonlike- of geloofsoortygings is nie, hy sal vir jou sê hy is lief vir die koninging en is trots om dit te sê.

Die Amerikaners het ‘n soortgelyke ding, maar dit is nie ‘n persoon nie, maar die idee dat hulle die ‘pinnacle’ van vryheid en vrede is (nie dat die res van die wêreld noodwendig saamstem nie).

Dit is absoluut noodsaaklik vir ‘n land om so ‘n ‘common ground’ te hê. Dit is immers waarom Mandela in ’95 so ‘n boehaai oor die rugby opgeskop het, en waarom 2010 so ‘n groot ding was: daardie twee geleenthede was die neutrale, gemeenskaplike punte van trots en ooreenstemming.

jenna ·

Min vrouens wat kan spog hulle dra nou al 160 jaar dieselle haarstyl.

alida ·

Jenna, sy het tenminste styl en klas al is sy een van die rykste vrouens ter wereld. Haar geld het nie na haar kop toe gegaan nie en is nie so oppervlakkig soos ons nie.

Fanie ·

Ja, dit sal wonderlik wees om so ‘n rotsvaste vrou aan bewind te hê in ons regering, wat neutraal sal regeer natuurlik. Dalk is koningskap ons oplossing.

Naas ·

Mag ek vra waarom julle nie my suster ( Blommie) se kommentaar vanoggend geplaas het nie?

Publiseer julle ook net waarvan julle hou??

Sune van Heerden ·

Dagsê Naas

Ek spoor glad nie kommentaar op wat onder die bynaam “Blommie” gelewer is nie. Daar is definitief nie só kommentaar afgekeur nie.
Kan jy dalk vir my ‘n e-pos na [email protected] stuur met die e-posadres wat gebruik is om kommentaar te lewer sodat ek net kan ondersoek instel wat het gebeur?

Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

alida ·

Ja-nee hulle publiseer net sekere kommentare. Ek is mal oor die Koningin. Sy regeer haar land met ‘n ystervuis en daar is wet en orde in daardie land. Meer as ons arme siele in SA kan sê.

Eduard ·

Ja ek hou baie van haar sy het baie stabilityd mag sy nog lank lewe .Ek wonder net wie haar gaan opvolg eendag dit sal interesant wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.