[Foto’s] Koningin Elizabeth, prins Philip vier 70 jaar-herdenking

Koningin Elizabeth en prins Philip. Foto: Matt Holyoak/CameraPress

Koningin Elizabeth II en haar man, prins Philip, vier Maandag hul platinumhuweliksherdenking.

Koningin Elizabeth (91) en prins Philip (96), hertog van Edinburg, sal na verwagting hul huweliksherdenking vier met ʼn ete vir familie en vriende in Windsorkasteel.

Geen openbare geleenthede word gehou nie, maar die koninklike familie het ʼn stel foto’s van die egpaar bekend gestel. ʼn Gedenkmunt en posseëls is ook beskikbaar gestel.

Buckinghampaleis se geskenkwinkel het ook ʼn spesiale reeks ware bekend gestel om die mylpaal te herdenk.

Koningin Elizabeth en prins Philip het vier kinders, agt kleinkinders en vier agterkleinkinders. Hulle het in 1934 die eerste keer ontmoet by die troue van prinses Marina van Griekeland en prins George, hertog van Kent.

Hul verlowing is amptelik op 9 Julie 1947 aangekondig en hulle is op 20 November 1947 by die Westminster-abdy getroud. Koningin Elizabeth het agt strooimeisies gehad en meer as 2 000 gaste is genooi.

Die egpaar het meer as 2 500 trougeskenke gekry van oor die wêreld, onder andere van Mahatma Gandhi. Hulle het onder meer ʼn naaimasjien en ʼn yskas gekry. Die egpaar het 11 troukoeke ontvang, hoewel daar ʼn amptelike koek was wat “The 10 000 Mile Cake” geheet het aangesien dit met bestanddele van oor die wêreld gebak is. Die koek was nege voet hoog en het vier lae gehad.

Koningin Elizabeth het in 2007 die eerste Britse monarg geword om ʼn diamanthuweliksherdenking te vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Eish ·

Verstommend!
Die koningin en haar prins saam met moedersmelk ingekry en dis amper tyd vir my om te groet en hul is steeds daar!
Geseënde jare.

Besorg ·

Asof ek nou omgee. Britse sogenaamde koninklikes het die grondslag geskep vir die Afrikaner se probleme.

Alida ·

Moet dit dan nie lees nie – so maklik soos dit. Hulle is ‘n pragtige “paartjie”.

Eish ·

Ek was onder die indruk hul vervul net n seremoniële rol in soverre dit die regering van Brittanje betref. Waarvoor het die Britte n parlement?

Marcel ·

In die verlede het die Koningin se familie en voorvaders baie meer invloed gehad as nou. So of hulle nou nie so ‘n uitvoerende rol in die regering speel nie, maak nie regtig saak nie. Die Koningin se voorvaders en haar ouma grootjie het baie mag gehad, en dit beslis nie net vir die goede aangewend nie.

adriana ·

Hulle was so lelik met Prinses Diana en lyk so vroom op die foto’s. Valse mense.
Stel nie in hulle belang nie.

jaco ·

as hulle empire vandag nog bestaan het, so ons BAIE minder probleme gehad het. Afrika was baie beter af onder koloniale beheer. Geen Nkandla, regstellende aksie, korrupsie, beurtkrag, swak staatshospitale ens ens. Hulle politieke “onderdrukking” sou ‘n klein prys gewees het om te betaal terwyl daar soveel ander voordele was.

John ·

Maar redelik gevoelloos teenoor mekaar. Lyk soos sakevennote. Die twee het deur die jare nie veel omgegee vir die Afrikaners nie… net Britse belange…

Alida ·

Moet dan asb nie na hulle kyk nie. Blaai om en lees die volgende berig. Ons ander geniet hulle.

Marcel ·

Nes jy geregtig is op jou opinie, so is ander mense geregtig op hulle opinie. Jy hoef nie voor te skryf aan ander volwassenes wat hulle kan lees nie, nog minder oor wat hulle kan voel en dink oor ‘n saak. Arrogant as jy my vra.

V ·

Ek wens ou prins Philip wil die ou girl ‘n drukkie gee… Hy vat nie eers aan haar hand nie. Kil en liefdelose fotos…

M Kruger ·

Vir al wat ons weet vat hy skelmpies aan haar boud op van die laaste foto’s. lol

Lord Gideon Wilken. ·

Daar is n afrikaanse gesegde. Die hoogste bome kry die meeste wind. Ek is trots om te se dat daar ook boere bloed in my are is. Maar die afrikaners moet op hou om skuld alewig deur na die monargie te skyf. Was dit nie die afrikaner wat self gevra het v n rupebliek nie. Wat het hul vandag daarvan . Niks. Australia. New Zealand en vele ander britse kolonies het baie beter daaraan toe as Suid Afrika na rupebliek wording. I say God Save our Queen. May The Lord bless and keep Her Majesty. Afrikaners love to quote the bible. Does the word not say pray for those in power.

Sarie ·

Baie geluk aan die koninlike egpaar!. 70 jaar saam as getroude egpaar is ‘n leeftyd en met die lewe wat hulle lei waar hulle lang rukke van mekaar geskei was deur die jare as gevolg van hul werksomtandighede, is dit fantasties. Ons hoop daar is vir hulle nog sommer ‘n hele klompie jare gelukkig saam!

Marcel ·

Hoekom nou snedige aanmerkings maak oor mense met die ondersteuners van die Monargie verskil? Punt bly die Koningin en haar familie voor haar was verantwoordelik vir baie swaarkry van miljoene mense. Soek gerus die geskiedenis op oor die Britte se wreedheid en genadeloosheid oor die kolonies waar hulle regeer het. Sy en haar man sal natuurlik so oud word, en goed lyk, want geld kan amper alles koop, hulle leef ‘n abnormale sprokies lewe ver verwyder van vewone mense se daaglikse probleme. En dis my opinie, julle hoef glad nie met my saam te stem nie. Inteendeel sou dit belaglik wees as almal dieselfde opinies gedeel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.