Foto’s: Koninklike trourokke deur die jare

Koningin Victoria trou met prins Albert in 1840 (Foto: The Royal Collection)

Hoewel die besonderhede oor Meghan Markle se trourok nie voor haar huweliksbevestiging dié naweek bekend gemaak sal word nie, keer dit nie modekenners en die media om te bespiegel oor besonderhede van die rok en of die Amerikaanse aktrise tradisionele elemente in haar trourok gaan behou nie.

Die Kensington-paleis het dié week gesê hoewel Britse koninklikes al eeue lank dieselfde trou-tradisies volg, het koninklikes oor die jare heen ook nuwe mode-tendense aangegryp en daarby aangepas.

Daar is egter steeds sommige tradisies wat áltyd behoue sal bly, soos onder meer die gebruik van lemoenbloeisels wat die eerste keer deur koningin Victoria as ʼn blommekrans gedra is vir haar troue met prins Albert in 1840. Victoria het besluit om nié ʼn tiara te dra nie, en sedertdien word lemoenbloeisels op een of ander wyse by koninklike troues ingesluit.

Die Royal Collection Trust meen dieselfde geld vir fyn kant: koningin Victoria se trourok is gemaak van fyn kant van Honiton in Engeland en haar skoondogter, prinses Alexandra, het hierna dieselfde kant in haar trourok gedra. Sedert dié tradisie ontstaan het, sluit koninklike bruide ook altyd op een of ander wyse fyn kant by hul trou-uitrustings in.

In afwagting tot die koninklike troue dié naweek, het die Kensington-paleis Donderdag foto’s van vorige koninklike bruide soos koningin Victoria, koningin Elizabeth, prinses Diana en koningin Elizabeth II op hul troudag gedeel.

Lees meer oor die koninklike troue op Maroela Media.

Koningin Victoria trou met prins Albert in 1840 (Foto: The Royal Collection)

Die koninginmoeder, Elizabeth Bowes-Lyon, trou met koning George V in 1923 (Foto: The Royal Collection)

Koningin Elizabeth II trou met prins Philip in 1947 (Foto: The Royal Collection)

Prinses Victoria, oudste dogter van koningin Victoria, trou met prins Frederick in 1858 (Foto: The Royal Collection)

Prinses Diana van Wallis trou met prins Charles in 1981 (Foto: The Royal Collection)

Prinses Mary, later koningin Mary, trou met koning George V in 1893 (Foto: The Royal Collection)

Prinses Helena trou met prins Christian van Schlewsig-Holstein 1866 (Foto: The Royal Collection)

Prinses Helena van Waldeck trou met prins Leopold in 1882 (Foto: The Royal Collection)

Prinses Louise, een van koningin Victoria se dogters, trou met John Campbell, die hertog van Argyll in 1871 (Foto: The Royal Collection)

Prinses Louise Margaret trou met prins Arthur, die hertog van Connaught in 1879 (Foto: The Royal Collection)

Prinsens Beatrice, die jongste dogter van koningin Victoria, trou met prins Henry in 1885 (Foto: The Royal Collection)

Prinses Alice trou met prins Louis in 1862 (Foto: The Royal Collection)

Prinses Alexandra van Denemarke trou met prins Albert in 1863 (Foto: The Royal Collection)

Sophie Rhys Jones trou met prins Edward in 1999 (Foto: The Royal Collection)

Die hertogin van Cornwall, Camilla, trou met prins Charles in 2005 (Foto: The Royal Collection)

Catherine, hertogin van Cambridge, trou met prins William in 2011 (Foto: The Royal Collection)

Catherine, hertogin van Cambridge, trou met prins William in 2011 (Foto: The Royal Collection)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Liezl ·

Ja, jy’s reg…die 1800’s se prinsesse is nou ook nie iets om na te kyk nie. Arme goed, ingedwing in ‘n huwelik seker.

Gerhard ·

Sug! Ek wens tog die Engelse wil die wêreld ‘n guns doen en besluit om ‘n republiek te word. Hopelik ook nie ver in die toekoms nie.

elizabeth ·

… EN nie een vd drake hier bo lyk gelukkig om te trou nie…

foxi ·

Ag sies julle almal. Dis mos nou nie nodig om sulke negatiewe kommentaar te lewer nie!
Koninglikes hoef mos nou nie soos narre op te tree nie. Al die ou foto’s is almal mooi, adelikes tree mos so op…of wat sou ek nou sê?

Katryn ·

Is die onderskrifte by Mary reg? Sy het getrou met KoningIN George V? En George V het ook bietjie boontoe met iemand anders getrou? Diana bly maar die liefling. Sou wonderlik gewees het as sy hierdie groot dag met Harry kon gedeel het. Die Koningin se gewete pla haar seker, dié dat Diana se foto ook by is. Jip, jy het haar van kant gemaak, maar sy bly steeds in almal se harte…

Tania Heyns ·

Dagsê Katryn

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Aggenee ·

Ja, ek het dit ook opgemerk. Nie een smile nie, seker bang hulle gesigte sal kraak en waar is Prins Andrew en Fergie (sy het die mooiste trourok gehad) naas Catherine.

Magda ·

Liewe Maroela Media. Ek is dood seker Prinses Mary het nie met ‘n Koningin getrou nie maar eerder ‘ n Koning. Jammer maar dis baie snaaks ?.

Tania Heyns ·

Dagsê Magda

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Vee ·

Troudag . . . en die ongelukkigheid is duidelik op meeste fotos!!!
I REST MY CASE . . .

Anoniem ·

Dankie vir die pragtige fotos! Tog so bly Engeland is nie ‘n Republiek nie…..en het nog die koninklikes. Dis baie interessant en watter verskil gaan ‘n republiek nou eintlik maak…

John ·

Die klein prinses Charlotte is vernoem na ‘n agter-agter-ouma, die ma van koningin Victoria wie se ma uit Afrika kom. Miskien kan Maroela ook haar fraai trourok toon.

Carien ·

Dankie vir die prag foto’s
Altyd ‘n voorreg om dié “memories” te sien.

Marinda ·

Vir die van julle wat sulke kleinlike negatiewe kommentaar lewer oor die wat nie glimlag of oor die maan lyk nie. Gaan kyk ñ bietjie na julle voorouers se fotos. Hulle het ook nie geglimlag nie en dus nie oor hulle met drake of monsters getrou het nie. En hulle us heelwaarskynlik nog steeds getroud met dieselfde man of vrou. Andersins as vandag..

Daar is eintlik verskeie redes daarvoor. Gaan google bietjie, van die redes is:
Onder andere:
1. slegte tande,
2. dit het so lank geneem om die fotos te neem dat mense nie so lank kon smile nie.
En nog ñ paar ander redes

Dalk kan Maroela Media vir ons ñ artikel plaas oor dit.

Ben ·

Ag nee wat……al hier die mooi jong bruide het met ou knarre getrou…..dis hoekom hulle nie smile nie! ;)

Gerhard ·

Gereelde troues en trou vir geld. Die sirkus is skande vir die hele Britanje.

Katryn ·

So Mary en die Koninginmoeder was albei met Koning George V getroud?

Uvonka ·

Ek is mal oor trourokke ens. Niemand maar niemand sal ooit naby aan Diana kom nie. Sy het soos ‘n sprokiesprinses gelyk op haar troudag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.