Foto’s: Kyk hier na Meghan se pragtige ‘tweede’ rok

Die gelukkige paartjie vertrek na Frogmore House. Foto: AP Photo.

Meghan Markle, die hertogin van Sussex, het laat Saterdagmiddag die elegante, eenvoudige Givenchy-skepping waarin sy met prins Harry, die hertog van Sussex getrou het, verruil vir ʼn meer informele rok.

Die twee het vir foto’s poseer toe hulle die Windsor-kasteel verlaat het ná ʼn noenmaal op pad ná hul tweede onthaal by Frogmore House. Prins Charles was die gasheer.

Die paartjie het vertrek in ʼn silwerblou Jaguar E-Type Concept Zero. Die motor is volgens die Kensington-paleis oorspronklik in 1968 vervaardig, maar is sedertdien omskep na ʼn elektriese motor. Harry het ewe galant vir haar die motordeur oopgehou voordat hy self agter die stuur ingeklim het.

Sosialemediagebruikers was aan die gons oor dié rok en sommige het gemeen dít moes haar trourok gewees het. Sy het haar sluier verwyder en haar hare het los om haar gesig gehang. ʼn Ring met ʼn reusesteen kon aan haar vinger gesien word. Die ring het glo aan prinses Diana, Harry se ma, behoort.

Kyk hier na foto’s van die pragrok:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Carl ·

Nou moet dan nie verder kyk nie. Dis hoe Europa voel oor Saffa se stories elke week.

Ilze ·

Neee!!! Jy voel dalk so, maar vele ander wil asb nog BAIE sien.

Annalien ·

Nie een van die 2 rokke sit netjies aan haar nie en pas nie behoorlik nie of daar is fout met haar onderklere. Miskien die fotograaf of dalk maar net ekke?

Regtig! ·

Regtig Annalien? Ek dink dit is moontlik net jy. Sy het pragtig gelyk.

BB ·

Ek stem saam met Annalien. Ek dink Megan het dalk ‘n bietjie gewig verloor die laaste paar dae voor die troue.

Nettie ·

Ek stem saam met Annalien. Geeneen van die rokke was asem-wegslaan-mooi nie. Die sleep by die trourok het in ‘n mate opgemaak vir die …. “plain Jane” rok self. Nee wat, ek het al BAIE mooier trourokke en “going away”-uitrustings gesien. En nee, ek is nie jaloers nie. Daar is niks om jaloers op te wees nie.

Tokkie ·

Willie moet dan nie kyk nie. Hou verby. Dis in elk geval beter as ons gemors nuus

Mich ·

Jy is reg, Annalien.
Rokke absoluut teleurstellend.
Te lank, te Groot,te boring vir ‘n hertogin!
Veral die trourok…

Christell ·

Annalien ek dink jy het reeds die antwoord, dis die “ekke” gedeelte. Sy het pragtig gelyk in altwee rokke, op haar mooiste dag. Gun tog julle medemens die son oor hul kop.

Elsabe ·

Ag genade tog :( Wie se rok is dit ? Smaak verskil. Dis heel eenvoudig maar stylvol. Se eerder dankie vir ‘n lekker lees berig as die alewige moord, korrupsie, rasse aanval en doodslag berigte.

Pamela ·

Die reël vir koninglikke troues, die rok MOET moue hê. Dit is hoekom hierdie rok nie haar trourok kon wees nie.

Mariette ·

Volgend prorokol mag n 2de huwelik nie uitspatig wees met bling en goed…daar om die plein rok…ook hoekom sy n punt maak met 2de rok

Cherokee ·

Mariette, nie geweet sy het nog ‘n man of ‘n ex nie maar ek dink ‘n 2de rok behoort nie wit te wees nie. So effe -off-white of karamel. (Òf wit want dit is steeds haar smaak)

Nel ·

Die Hertogin het glo met die intrapslag ‘n hele paar punte gemaak. En volgens oorsese bronne is sy ‘n katjie wat nie sommer sonder handskoene aangepak moet word nie. Arme tannie Liesbet.

Boertjie ·

Newwermaaind die rok, daai E-type, EISH! My mond WATER sommer oor daardie pragstuk!

honourable member ·

Hoe lekker kry ek nou “Nel” Dis tyd vir Tannie Liesbet om tot ruste te kom. Sy kan nie haar hele lewe vir almal voorse wat om te doen en te dink nie. Wonder wat het die tannie te se oor die African American reverent en koor. Daai man het darem n baie mooi preek gegee.

Erika ·

Dis nou nie dat dit op elke kanaal uitgesaai is nie. JY het ‘n keuse om te kyk of nie. Dit was darem iets mooi, romanties en nie moord en doodslag nie want dis al wat ons lees. Gelukkig verskil klere smaak. Sy het elegant gelyk. Dit sou maar saai gewees het as ons almal dieselfde smaak gehad het.

Laurika ·

Ek het die troue gevolg op tv. Ek is nie ‘n aanhanger van die Royals nie, maar wou dit graag kyk – en ek het dit geniet. Ons elkeen het mos maar ons opinies, dis lelik om ander sin nie te respekteer nie. MY opinie was dat die rokke – albei Meghan sin en die klein blomme meisies sin, baie plein was. Dis omdat EK persoonlik iets meer opwindends sou wou aantrek. Maar Meghan het haar rok gekies en ek hoop van harte sy het haar dag geniet.

Uvonka ·

Albei rokke, stunning, Sy het regtig baie mooi en elegant gelyk. Die kwien inteendeel, ai nee Liesbet!!!!

Estelle Oelofsen ·

Ek stem Uvonka! Haar rok was deftig, paslik en smaakvol. Sy het nie soos oorversierde verjaardak koek gelyk nie. Die preek was reg vir ‘n huwelik! Die man kan maar preek. Meer om die lyf as baie predikante wat mens soms na moet luister.
Ek is nie juis ‘n Royal fên nie, maar “a thing of beauty is a joy forever”.
Siestog die kwien! Hoog tyd sy gaan aftree oord toe en begin hekel.

ek sê maar ·

Die ring was nie prinses Diana s’n nie maar wel die groot steen. Harry het self die ring ontwerp – dis in ‘n onderhoud met hulle voor die troue nog en net na die verlowing genoem. Ek dink ook sy het stylvol gelyk en buitendien is dit haar rok dus haar keuse en al sou sy in ‘n pers rok met geel linte en pienk blomme wou trou bly dit haar keuse. Ai tog mense…

Liz ·

Ag was lekker om te kyk…iets mooi vir ‘n slag. Baie beter vir my siel as die Supersport debakel. En ‘n kasteeel met prinse (wat voor ons oe groot geword het), ‘n bruidegom wat baie lief is vir Afrika en BAIE betrokke is met natuurbewaring en veral teen renosterstropery…..”what’s not to like”…

Frans C ·

Die mooiste van dit op die fotos, die E-type jaquar. ‘n 1971 4.2 sal jou seker so R1.45 miljoen uit die sak jaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.