Die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig het ‘n noodlanding op ‘n hoofweg in Arlington, Texas gemaak.
NBCDFW.com berig dat die vlieënier ‘n noodlanding in die veld langs die hoofweg probeer maak het. Die vliegtuig het egter op die hoofweg beland en ‘n bakkie getref voor dit teen ‘n versperring gebots het.
Kort hierna het ‘n ander bakkie teen die vliegtuig gebots. Die vlieënier is nie in die ongeluk beseer nie maar een persoon is wel met ligte beserings na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
Die foto’s is deur die Arlington-polisie op Facebook gelaai.