Foto’s: Ligte vliegtuig maak noodlanding op hoofweg, tref bakkie

10346269_10152081022130755_1803680834185299843_nDie vlieënier van ‘n ligte vliegtuig het ‘n noodlanding op ‘n hoofweg in Arlington, Texas gemaak.

NBCDFW.com berig dat die vlieënier ‘n noodlanding in die veld langs die hoofweg probeer maak het. Die vliegtuig het egter op die hoofweg beland en ‘n bakkie getref voor dit teen ‘n versperring gebots het.

Kort hierna het ‘n ander bakkie teen die vliegtuig gebots. Die vlieënier is nie in die ongeluk beseer nie maar een persoon is wel met ligte beserings na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Die foto’s is deur die Arlington-polisie op Facebook gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.