Foto’s: Lil Nas X, Olivia Rodrigo maak skoonskip met VMA-pryse

Olivia Rodrigo. (Foto: Mike Coppola/Getty Images for MTV/ViacomCBS/AFP)

ʼn Rits bekende kunstenaars het Sondag gesig gewys by die 40ste jaarlikse Video Music Awards-geleentheid by die Barclays Center in Brooklyn, New York.

Vanjaar se VMA’s het geskitter met vertonings voor ʼn gemaskerde gehoor nadat verlede jaar se seremonie grootliks aanlyn plaasgevind het.

Die program is geopen deur Madonna, wat in 1984 VMA-geskiedenis gemaak het met ʼn inhuldigingsvertoning van haar liedjie “Like a virgin”.

“Hulle het gesê dit sal nie hou nie, maar hier is ons nog steeds,” het sy gesê terwyl sy in ʼn swart leerkorset op die verhoog gestap het.

Lil Nas X het die grootste toekenning van die aand vir video van die jaar ingeoes vir “Montero (Call me by your name)”.

Hy het ook die debuutoptrede van die eerste enkelsnit van sy nuwe album, Montero, getiteld “Industry baby”, saam met Jack Harlow en ʼn orkes gelewer.

Madonna. (Foto: Bennett Raglin/Getty Images/AFP)

Doja Cat het die seremonie aangebied, asook vertonings gelewer van liedjies soos “Been like this” en “You right”.

Normani se vertoning van “Wild side” het egter die kollig gesteel. Die R&B-sangeres het die gehoor vermaak met choreografie wat die popikoon Janet Jackson vereer het.

Billie Eilish het die groep Foo Fighters aangekondig voordat hulle met die Global Icon-toekenning vereer is.

Olivia Rodrigo het drie toekennings, vir onder meer liedjie van die jaar vir “Drivers licence” en beste nuwe kunstenaar, ingeoes.

“Ek voel so dankbaar dat ek musiek kan maak en ander goed kan doen en dit boonop my werk noem,” het die 18-jarige gesê. Haar debuutalbum, Sour, het vanjaar die treffersparades oorheers.

Justin Bieber het die toekenning vir kunstenaar van die jaar, asook beste popliedjie vir “Peaches” ingeoes.

“Musiek bied ʼn ongelooflike geleentheid en platform om mense te bereik en almal byeen te bring,” het Bieber aan die gehoor gesê.

Die Koreaanse popgroep BTS het die toekenning vir beste K-pop gewen vir “Butter”.

Video’s wat tussen Julie 2020 en Junie 2021 uitgereik is, kon in aanmerking kom vir die toekennings.

Die glansryke Met Gala, die jaarlikse sterbelaaide geleentheid wat geld insamel vir die Metropolitan Museum se kostuuminstituut, sal Maandagaand plaasvind en word aangebied deur Billie Eilish.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marthie ·

Die video van die jaar toekenning is ‘n skok. In video bespot lil nas x die Bybel en gee dan vir Satan’ n lapdance. Dis ook hy was satan tekkues gemaak het. Hollywood en sy gevolg is siek.

Ellie ·

Marthie, het nou gaan kyk. Is rerig skokkend! illuminati…..maar dis maar net my mening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.