Foto’s: Luislang verorber wallaby

Foto: Northern Territory Parks and Wildlife/Facebook

Foto: Northern Territory Parks and Wildlife/Facebook

ʼn Wildbewaarder van die Nitmiluk Nasionale Park in Australië het op ʼn luislang afgekom terwyl dit besig was om ʼn wallaby te verorber.

Northern Territory Parks and Wildlife het op sy Facebook-blad gesê Paul O’Neill was besig met sy daaglikse oggendpatrollie toe hy voëls hoor kwetter het en gaan ondersoek instel het. O’Neill kon daarin slaag om ʼn paar foto’s te neem van die luislang wat besig was om die wallaby in te sluk.

Volgens Greg Smith van die Territory Wildlife Park is dit omtrent die grootste prooi wat die slang sal kan insluk. “Die wallaby sal sowat vyf tot sewe dae vat om te verteer en die slang sal vir sowat ʼn maand gaan wegkruip.”

Smith het gesê die slang sal na verwagting oor sowat vier tot agt weke weer begin jag. “Sommige slange sal dadelik weer begin jag selfs al is hulle oorgewig of al het hulle pas geëet, maar gemiddeld sal só maaltyd die slang vir sowat drie maande kan hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
l havenga

Dis vreeslik

Andre

Dit lyk my soos ‘n skrumskakel. Sal nie ‘n slot inkry nie.

Jan

Lyk soos ‘n “Goodyear”band, maar duidelik nie ‘n “good year” vir die wallaby nie !

Drieks

Dit lyk soos ‘n toneel uit Suid Afrika. Nkandla is in, wat volg die volgend 3 maande.