[Foto’s] Man oorleef ure in dam met neus bo water

sydney-masjiengraaf-saimaa-miller-10

Daniel Miller se reddingsproses. Foto: Saimaa Miller / Facebook

Daniel Miller van Australië het Dinsdag met ʼn masjiengraaf in ʼn dam beland, maar hy het dit oorleef omdat hy vir ure lank sy neus bo die water kon hou.

Die BBC berig Miller was besig op sy kleinhoewe, ongeveer 300 km noord van Sydney, toe ʼn gedeelte van die damwal skielik ingegee het.

“Ek was vasgekeer en moes my kop bo die water probeer hou deur my arms te gebruik. Die joga-posisie waarin ek was, het my lewe gered,” het Miller aan die BBC gesê. “Ek het gedink hoe dit sou wees as my gesin my dood vind en toe besluit: dit sál nie gebeur nie. Ek het kalm gebly en gekyk hoe klim ʼn kriek op ʼn graspolletjie.”

Miller se buurman bly sowat 500 m verder en het hom later om hulp hoor skree. Volgens die reddingspan het die poging om Miller uit die water te haal, omtrent twee ure geduur. “Hy was vasgekeer met die gewig van die masjiengraaf op sy rug,” het Miller se vrou op Facebook geskryf. Sy glo dit was net innerlike deursettingsvermoë wat hom laat oorleef het. “ʼn Legendariese man,” het sy geskryf.

Brandweermanne moes eers water en modder uit die dam haal voordat Miller gered kon word. “Hy is baie gelukkig dat hy oorleef het,” het Neil Stephens, ʼn polisiebeampte, gesê. Volgens Stephens was net Miller se neus en voorkop bo die water. Miller is per helikopter na ʼn hospitaal in die stad Newcastle geneem, waar hy behandel is vir hipotermie en geringe rugbeserings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Oupa ·

Dis ‘n mooi storie dat die man gered is. Ek wonder darem of iemand nie ‘n stukkie pyp in die man se mond kon sit sodat hy makliker kon asemhaal nie. Dalk is dit maar net nie genoem nie…

Justice ·

`n Goeie punt Vic – seker maar `n geluid iets soos `n motorboot gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.