[Foto’s] Man op Parys-lughawe doodgeskiet

Polisiebeamptes buite die Orly-lugahwe in Parys, Frankryk (18 Maart 2017). Foto: AP Photo/Thibault Camus

Polisiebeamptes buite die Orly-lugahwe in Parys, Frankryk (18 Maart 2017). Foto: AP Photo

Soldate het ʼn man doodgeskiet nadat hy op die Orly-lughawe in Parys, Frankryk, probeer het om ʼn wapen by ʼn soldaat te gryp.

Jean-Yves Le Drian, die Franse minister van verdediging, het gesê die aanvaller het drie lugmagsoldate, waarvan een ʼn vrou was, aangeval. Hy het glo met die vrou gestoei, haar op die grond vasgedruk en probeer om haar wapen af te neem. Volgens die minister het die ander twee soldate geskiet “om haar en die publiek by die lughawe te beskerm.”

Die Franse polisie het gesê die soldate was deel van die Sentinelle spesiale mag, wat in sensitiewe gebiede in Frankryk ontplooi is ná ʼn reeks dodelike Islamitiese ekstremiste-aanvalle.

Die polisie het die lughawe ontruim en besoekers is op Twitter gewaarsku om die lughawe tydelik te vermy terwyl die polisie-operasie aan die gang is. Sommige vlugte is ook herlei. Teenterreurondersoekers het intussen die ondersoek na die voorval oorgeneem.

Die skietvoorval kom na ʼn soortgelyke voorval verlede maand by die Louvre museum. Frankryk is steeds in ʼn noodtoestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ken benoni ·

Geluk, dit is hoe jy moet werk met terroriste en hul terreur planne!
Ander lande kan dalk iets hieruit leer

Cherokee ·

Wat my komkommer is dit neig te blyk dat Frankryk roekeloos is met immigrasie-toelatings.
Dit is jammer dat die moslems aanvalle gepleeg het maar hopelik sal dit die Franse op hul hoede plaas. Hierdie betrokke insident bewys wel dat hulle wakker geword het. Indien dit ooit sou gebeur dat ons sou vlugtelingstatus verkry vanaf ons stamlande, sal Frankryk my tuiste word. Europa is egter besig om te vermoslem.

John ·

Vryheid, gelykheid, broederskap… Hierdie droom is mos in Frankryk ontwerp… en dit werk steeds so flink soos ‘n valbyl op die dun stukkie tussen kop en lyf…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.