Foto’s: Man vermom hom as dogter om uit tronk te ontsnap

‘n Saamgestelde foto van Da Silva waar hy soos sy dogter vermom is en hoe hy lyk nadat hy alles verwyder het.

ʼn Brasiliaanse bendeleier het uit ʼn gevangenis probeer ontsnap deur hom as sy dogter te vermom nadat sy by hom in die gevangenis gekuier het.

Clauvino da Silva, ook bekend as “Shorty”, se plan is egter in die wiele gery toe bewaarders agterdogtig geraak het weens sy senuweeagtigheid.

Da Silva het glo beplan om sy 19-jarige dogter in die gevangenis agter te laat. Sy dogter en sewe ander besoekers is volgens berigte reeds in hegtenis geneem en die polisie stel ondersoek in na Saterdag se mislukte ontsnappingspoging uit die Bangu-gevangenis in die weste van Rio de Janeiro.

Die staatsekretaris vir gevangenisadministrasie in Rio de Janeiro het foto’s beskikbaar gestel ná Da Silva se ontsnappingspoging. In die foto’s kan Da Silva gesien word met ʼn silikoonmasker, ʼn lang swarthaarpruik, ʼn stywe denimbroek en ʼn pienk T-hemp.

Da Silva is volgens die Brasiliaanse owerhede deel van die leierskap van die Red Command, een van die magtigste misdadigergroepe in die land wat dwelmsmokkelary in ʼn groot deel van Rio de Janeiro beheer.

Da Silva dien 73 jaar tronkstraf uit en is ná sy mislukte ontsnappingspoging na ʼn maksimumveiligheidsgevangenis oorgeplaas. Da Silva het ook al voorheen probeer ontsnap.

Die silikoonmasker, pruik en klere wat Da Silva aangehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marinda ·

How selfish can one man be? Did he even think about what was going to happen to his daughter after he left her in jail? He is selfish and deserves to be where he is. He has ruined his daughters live as well as all the other people’s lives by his selfishness.

Johann cb ·

Daar skort niks met sy verbeelding of vindingrykheid nie!

Pieter C ·

Hy moet in Suid Afrika kom leer hoe om te ontsnap. Ons sukkel nie met allerhande plannetjies nie, ons stap sommer net uit die hof of tronk uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.