[Foto’s] Meer as 30 dood ná terreuraanval by lughawe

Foto: AP Photo/Emrah Gurel

Foto: AP Photo/Emrah Gurel

Minstens 36 mense is dood en meer as 140 beseer in ʼn aanval deur drie selfmoordbomaanvallers op Istanboel se Ataturk-lughawe in Turkye.

Binali Yildirim, Turkye se eerste minister, het gesê volgens alle aanduidings was die Islamitiese Staat (IS) verantwoordelik vir die aanval. Die drie selfmoordbomaanvallers het met ʼn taxi by die lughawe aangekom en op mense begin losbrand voordat hul hulself opgeblaas het.

Volgens ʼn beampte van die Turkse regering het die aanvallers die ploftoestel by die ingang van die internasionale terminaal laat ontplof.

Judy Favish, ʼn Suid-Afrikaner wat op die lughawe was tydens die aanval, het aan Associated Press gesê sy het pas ingeteken toe sy ʼn ontploffing en geweerskote gehoor het. Volgens Favish het sy vir lank onder ʼn toonbank weggekruip voor passasiers na ʼn kafeteria op die kelderverdieping geneem is.

Foto: Ismail Coskun, IHA via AP

Foto: Ismail Coskun, IHA via AP

Favish het gesê hulle is vir langer as ʼn uur daar gehou voor hulle toegelaat is om die kafeteria te verlaat.

Paul en Susie Roos van Kaapstad was ook op die lughawe tydens die aanval. Hulle was op pad terug na Suid-Afrika. “Ons het van die aankomsvertrek na die vertrekpunt beweeg. Ons het met ʼn roltrap opbeweeg toe ons skote gehoor het. ʼn Man in swart geklee en met ʼn wapen in sy hand het in die lughawe rondbeweeg.”

Volgens Yildirim is verskeie buitelanders in die aanval dood. Hy het gesê baie van die beseerdes het slegs geringe beserings opgedoen maar dat talle mense ook ernstig seergekry het. Volgens die private Dogan-nuusagentskap het die eerste minister van Albanië, Edi Rama, se vliegtuig op die lughawe geland tydens die aanval. Rama is op ʼn amptelike besoek aan Turkye en hy en sy afvaardiging is onmiddellik na veiligheid geneem.

Foto: IHA via AP

Foto: IHA via AP

President Tayyip Erdogan van Turkye het die aanval wat in die heilige maand van Ramadan plaasgevind het, veroordeel. Hy het gesê die aanval wys “terreur vind plaas sonder die inagneming van geloof en waardes”.

Die lughawegebou is Woensdagoggend gedeeltelik heropen met meer as ʼn derde van geskeduleerde vlugte wat gekanselleer is en talle wat vertraag is.
Ban Ki-moon, die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris-generaal, het die terreuraanval ten sterkste veroordeel en geëis dat die skuldiges geïdentifiseer word. Pres. Barack Obama het die aanval ook ten sterkste veroordeel.

Minstens 50 mense is vroeër die maand dood en meer as 50 beseer in ʼn massaskietery by ʼn Florida-nagklub. Die skietery is ook as ʼn terreuraanval bestempel.

Minstens 30 mense is in Maart vanjaar dood in ʼn terreuraanval by die Brusselse internasionale lughawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

gatvolverby ·

Met trane in my oë vra ek nou wat is so heilig aan ramadan as dit hul aanspoor om hulself en ander te dood? Wanneer gaan nie-moeslems besluit om NIE politieskorrek te wees en dit n’ oorlog teen die weste te noem, uitgevoer deur Islam?

Karma ·

Êrens moet daar moondhede wees wat ‘n gesamentlike teen-terreur groep kan vorm, wat hierdie spul bloeddorstige, wraaklustige spul Moslems kan teëstaan! Hoeveel ONSKULDIGE mense is nou nie al dood in sulke lafhartige aanvalle nie – ek praat nie eens van die 1000’e mense wat daagliks in lande soos Somalië, Kazakstan, Iran en Irak afgemaai word nie – net om een enkele geloof af te dwing nie. Daar is seker ruim al 500 mense dood in verskeie aanvalle in Europa en die VSA. En die meeste Moslems veroordeel self hierdie aanvalle “in die naam van Allah”. Is Allah en G-d tog nie maar dieselfde entiteit nie? Al wat werklik verskil is dat Moslems tot Mekkah bid (verskeie kere per dag), die Koran lees en sekere gebruike en feeste het, waar Christene kerk toe gaan Sondae, Bybelstudie doen ens. ens. WAT MAAK DIT SAAK AAN WIE ‘N MENS GLO OF TOT WIE ‘N MENS BID??? Is my G-d dan groter en beter as joune? Iets moet êrens gedoen word, of die mensdom gaan nog uitgewis word deur groepe mense met hul wraaksugtige en bloeddorstige vooropgestelde idees van “die regte en enigste geloof”. Ons moet GLAD nie gerus wees nie, ten spyte van die regering se volstruis-politiek wat ons “gerusstel” en sê dat die kanse op terroriste-aanval(le) in Suid-Afrika skraal is.

SkarrelKind ·

Karma, ek stem heelhartig saam met jou pos hierbo. Iets heiligs behoort niemand tot geweld aan te vuur nie, inteendeel. En dit in die heilige maand. Dis onnodig! Dit het nie veel met geloof te doen nie, maar met wêreldmag.

Varkie ·

Jong, broer, jy sien mos elke dag op hierdie komentaar areas dat as jy nie in God glo nie dan kry jy preuk na preuk van die skynheiliges oor jy mag nie dit en dit doen of se nie, en nes hulle is die mense daar in die Midde-ooste bereid om te sterf vir wat hul in glo.. Ons is maar net aan die verkeerde kant

Varkie ·

Hoe kry ons dit reg dat daar altyd n Suid-Afrikaner in die situasies betrokke is ? Of dit nou n boot is wat sink, bom wat ontplof, geiselaar drama, daar sal altyd n SA’ner wees

Karma ·

@Varkie, dit is heel waarskynlik omdat sommige SAners geglobaliseer her – baie woon/werk/toer oorsee en is dan ongelukkige slagoffers van sulke situasies. Ek bly maar eerder in my land – nommer een, ek het nie die soort geld om elders ‘n lewe te gaan uitkap nie en nommer twee, ek wil maar eerder hier tussen my eie mense op eie turf sterf.

johann cb ·

Ek noem net die volgende: Vir die Moslems is Ramadan net so heilig as wat Kersdag vir ons Christene is. Ek is self ‘n belydende Christen en respekteer ander gelowe, maar verwerp alle vorme van geweld wat daarmee gepaard gaan. Daar sal ongelukkig altyd ekstreme groepe wees wat hulle tot geweld wend om hulle “doel te regverdig”.

Piet Pompies ·

Ons geheime diens van ‘n tyd gelede (1992) het toe al die afleiding gemaak dat die volgende oorlog wat die wêreld gaan raak ‘n heilige oorlog (geloof) gaan wees. Suid Afrika gaan ook daardeur geraak word omdat ISIS lede hier skuil en opgelei word.
Bron: SAPS Onluste eenheid Vaal Driehoek 1992

Willie ·

Ek dink ons Suid-Afrikaners sal sidder om te weet hoeveel ISIS lede in land skuil, en opgelei word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.