[Foto’s] Meer smokkel nou weens Zim se invoerverbod

Lede van die Suid-Afrikaanse weermag patrolleer die Beitbrug-grenspos soos gewelddadige betogings in die gebied prut met Zimbabwiërs wat die invoerverbod boikot. Foto: Chester Makana/wire.africannewsagency.com

Lede van die Suid-Afrikaanse weermag patrolleer die Beitbrug-grenspos terwyl gewelddadige betogings in die gebied prut met Zimbabwiërs wat die invoerverbod boikot. Foto: Chester Makana/wire.africannewsagency.com

Smokkelbedrywighede tussen Musina en Zimbabwe het toegeneem nadat Zimbabwe ʼn verbod op die invoer van basiese voedselsoorte geplaas het.

Sakeondernemings in Musina het gesê Zimbabwe se verbod, wat op 1 Julie in werking getree het, het tot gevolg dat meer oorgrenshandelaars op smokkelaars staatmaak om hul goedere oor die Limpoporivier te kry.

Die internasionale oorgrenshandelaarsvereniging en die Musina-sakeforum het vroeër vandag aan joernaliste by die Beitbrug-grenspos gesê dat sommige gefrustreerde handelaars nou ware na Zimbabwe smokkel.

Zimbabwiese owerhede het begin om by die grenspos beslag te lê op ware wat verbied is om die nuwe maatreël, wat dit ʼn oortreding maak om basiese voedsel en ander kommoditeite in te voer, af te dwing.

“Die invoerders gebruik reeds onwettige ingange om hul ware in Zimbabwe te kry, wat nie goed is vir die ekonomie van daardie land nie en wat ook nie goed is vir hulle veiligheid nie,” het Dennis Jeru, president van die internasionale oorgrenshandelaarsvereniging, gesê.

Jeru se siening is bevestig deur Richard Makwaseni van die Musina-sakeforum, wat ook aanvoer dat die situasie in ʼn ekonomiese en menslike ramp ontaard het.

“Daar is nou ʼn krisis want kriminele aktiwiteite speel ʼn rol, hulle het [hulle] eie grens oopgemaak om ware na die ander kant te neem as gevolg van hierdie kwessie,” het Makwaseni gesê.

Makwaseni het gesê mense is dood terwyl hulle probeer het om ware oor die grens te smokkel. Hy het ʼn beroep op die Zimbabwiese-regering gedoen om die verbod op die invoer van goedere te lig.

“Ons stuur ʼn duidelike boodskap aan die regering van Zimbabwe dat ons nie tevrede is met die implementering van die maatreël wat die invoer van goedere in Zimbabwe verbied nie,” het hy gesê.

Vyf jaar gelede het die Limpopo-regering Musina as een van sy drie spesiale ekonomiese sones verklaar en beleggers, hoofsaaklik uit China en Indië, gelok om winkels naby die grens te bou.

Beleggers se toekoms lyk egter nou donker met winkels in Musina wat verlate is omdat minder Zimbabwiërs sedert die verbod goedere aankoop.

Winkels wat sedert Vrydag gesluit is was ʼn duidelike teken dat Musina se droom om ʼn groot stad te word, uitmekaar val sonder Zimbabwe, het Makwaseni gesê. “Soos ons nou praat, word winkels gesluit en werkers geforseer om huis toe te keer weens die situasie in Zimbabwe. Ons was besig om ʼn groot winkelsentrum te bou wat geïmplementeer is met Zimbabwiërs in gedagte,” het Makwaseni gesê.

Hy het gesê die Suid-Afrikaanse regering moet ingryp aangesien die besluit om basiese voedsel te verbied ook teenstrydig is met die regering se bilaterale-ooreenkoms met Zimbabwe.

Taxibestuurders het gesê die hoeveelheid passasiers tussen Beitbrug en Gauteng het drasties afgeneem. “Daar het meer as ses taxi’s elke dag gery, nou is daar geen taxi’s wat ry nie – dit is baie sleg,” het Promise Ndou, ʼn taxi-bestuurder wat langafstande aflê, gesê.

Jeru het gesê sy vereniging het in ʼn brief aan die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gepleit vir ingryping om die ontwikkelende krisis te beëindig.

Beitbrug – gewoonlik ʼn miernes van bedrywighede – het vandag geen vragmotors gehad wat na Zimbabwe gereis het nie. Vragmotors staan gewoonlik vir kilometers tou by die grenspos, maar in hul plek was daar vandag net polisielede van die eenheid vir openbare orde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Soos ek al vooheen geskryf het die handelaars in Musina sal hulle nie laat keer nie, daar is miljoene betrokke.

Pammy ·

Suid Afrika en Zimbabwe is albei n gemors as gevolg van hulle regerings !!!! Raak ontslae van die diktators en hulle gespuis en bou weer die lande op na hul glorie van 25 jaar+. Dit mag weer nog 25 jaar vat, maar tenminste sal daar iets wees vir ons nageslag.

Karma ·

Hê-hê-hê-hêêê!!! “That’s the way the cookie crumbles”, soos die Engelse sê. Hou hierdie spasie dop, mense, want meer en meer sulke gevalle gaan binne die volgende 6 maande gebeur. Ongelukkig eindig ons op met die spul werklose, ne-Suid-Afrikaners, wat die brood en pap uit ons gebore-SAners se monde steel. Zuma en sy ANC-kaders is nou net te gelukkig om die 95% werklose Zimmies in SA te verwelkom; hulle gaan immers ANC stem, omdat die ANC werk. huise. kos, klere, gratis hospitaalsorg, water, elektrisiteit e.d.m. belowe. En ná 03/08/2016??? Dan verdwyn daardie beloftes soos mis voor die son, maar Zuma en sy kaders vergeet een ding: ‘n mens neuk nie met ‘n Ndebele en Silkaats se nageslag nie ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.