[Foto’s] Mej. Wêreld 2015 gekroon

Mej. Wêreld 2014 Rolene Strauss kroon die nuwe Mej. Wêreld 2015, Mireia Lalaguna Royo van Spanje Foto: MissWorld.com

Mej. Wêreld 2014 Rolene Strauss kroon die nuwe Mej. Wêreld 2015, Mireia Lalaguna Royo van Spanje Foto: MissWorld.com

Die Suid-Afrikaner Rolene Strauss het Saterdagaand die kroon oorhandig aan die nuwe Mej. Wêreld.

Mireia Lalaguna Royo, ʼn gegradueerde van Barcelona in Spanje, het 113 ander jong vroue uitgestof om uiteindelik die kroon te dra. Sofia Nikitchuk (22) van Rusland is in die tweede plek en Maria Harfanti (23) van Indonesië is in die derde plek aangewys tydens die glansryke seremonie by die Crown of Beauty-teater in China.

Mej. Jamaika en Mej. Lebanon was ook onder die finale vyf kandidate.

Royo het ʼn graad in farmakologie en het die beoordelaars veral beïndruk met haar openbare redevoering.

Strauss is in 2014 as Mej. Wêreld aangewys. “En so kom die reis van ʼn leeftyd tot ʼn einde en ʼn lewenslange reis lê voor,” het sy op haar Facebook-blad geskryf. “Baie dankie vir julle onvoorwaardelike ondersteuning, ek waardeer elke stukke kommentaar, elke “like” en elke gebed. Dit was ʼn groot eer om die 64ste Mej. Wêreld te wees. Sien julle op die eerste bladsy van die volgende hoofstuk…”

Die 24-jarige Liesl Laurie het Suid-Afrika teenwoordig en is onder die top 10 aangewys.

Die publiek se gunsteling was Mej. Viëtnam.

Mej. Kanada, die Chinees gebore Anastasia Lin, kon nie die plegtigheid bywoon nie, aangesien China nie haar visum wou goedkeur nie. Lin is uitgesproke in haar kritiek teen Chinese godsdiens en is ʼn lid van Falun Ghong-meditasie, ʼn praktyk wat in 1999 in China verbied is. Volgens haar het veiligheidsagente haar pa, wat steeds in China woon, besoek in ʼn moontlike poging om haar stilte te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie ·

Daar gaan nie maklik weer ‘n Mej. Wereld wees van die gehalte van ons eie Roelene Strauss nie. Sy het behoorlik die wereld aan haar voete gehad, sy het in elke sin van die woord ons land en die wereld verteenwoordig. Haar grasie gaan nie maklik gevind word nie. Rolene jy was die Mej. Wereld waarna die wereld vir baie jare gesoek het. Hoop jy gaan ‘n wonderlike lewe vorentoe he en baie sterkte vir jou en jou gesin

Joleen ·

Ek verstaan nie die berig nie. Just sê Spanje is gekroon maar volgens ander berigte dit was Colombia. En noudat het dit ook bekend as geword dat Colombia verkeerdelik gekroon is en dat Philippines eintlik die regte wenner was

Sune van Heerden ·

Dagsê Joleen

Mej. Spanje is aangewys as Mej. Wêreld, maar Mej. Filippyne het Mej. Heelal gewen (nadat Mej. Colombia verkeerdelik aangewys is). ‘n Berig oor Mej. Heelal volg binnekort op Maroela Media.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.