[Foto’s] Mej. Wêreld: Hier is die mooiste oomblikke

Organiseerders het Saterdagaand ʼn fotogalery van dié kompetisie met aanhangers wêreldwyd op sosiale media gedeel (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse skoonheid Adé van Heerden (25) is nou wel nie Saterdag met die Mej. Wêreld-kroon huis toe nie, maar sy het die harte van Suid-Afrikaners én ondersteuners in die buiteland verower.

Manushi Chhillar, Mej. Indië, het Saterdag met dié kroon weggestap. Die kroningsgeleentheid het in die Crown of Beauty-teater in Sanya in China plaasgevind.

Mej. Engeland, Stephanie Hill, en Mej. Mexiko, Andrea Meza, is onderskeidelik as eerste en tweede prinses aangewys. Die vyf top-lande in die kompetisie was Engeland, Frankryk, Indië, Kenia en Mexiko.

Van Heerden, ʼn dokter van die Wes-Kaap, was onder die tien mooistes en sy het in die uitdrunrondes die “Beauty with a Purpose”-toekenning gewen.

Die Mej. Wêreld-kompetisie word jaarliks deur sowat een miljard mense op TV dopgehou.

Organiseerders het Saterdagaand ʼn fotogalery van dié kompetisie met aanhangers wêreldwyd op sosiale media gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ekke ·

Pragtige vrou. Nie n uitgeteerde liggaam wat so onrealisties gebou is soos ‘n winkelpop. Stylvol en klassiek

Rina Kotze ·

Ek hou daarvan om na sulke wedstryde te kyk!

Beter kykstof as al die slegte nuus!

Elke meisie wat deelneem is ‘n wenner, net omdat sy daar is!

En ja Ekke, ek stem saam, nie onrealistiese uitgeteerde liggame nie.

Hulle was almal pragtig!

Geluk Adé van Heerden! Jy het ons trots gemaak!!!

E.K. - ek sê net! ·

Geluk Me SA met ‘n baie mooi en waardige toekenning ook! Dit sê iets van waar jou hart lê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.