[Foto’s] Minstens 20 dood in Italië-treinongeluk

Twee treine het mekaar op ʼn enkelspoor tussen Corato en Andria, nood van die hawestad Bari, in Italië getref (12 Julie 2016) Foto: Italian Firefighter Press Office via AP

Twee treine het mekaar op ʼn enkelspoor tussen Corato en Andria, nood van die hawestad Bari, in Italië getref (12 Julie 2016) Foto: Italian Firefighter Press Office via AP

Minstens 20 persone is Dinsdag dood tydens ʼn trompop botsing tussen twee treine in Italië.

Giuseppe Corrado, visepresident van Bari-Andria-Barletta, het ʼn beroep gedoen op bloedskenkers om na vore te kom, terwyl nooddienste talle beseerdes behandel. Hy het gesê vier persone is in ʼn kritieke toestand. Een van die beseerdes is ʼn kleuter wat uit die wrak gehaal is, het die Italiaanse nuusagentskap Ansa berig.

Twee treine het mekaar op ʼn enkelspoor tussen Corato en Andria, nood van die hawestad Bari, getref.

Beeldmateriaal wys die voorste gedeeltes van albei treine is heeltemal verwoes in die ongeluk. Die twee treine het mekaar reg van voor getref.

Volgens Italiaanse media is talle passasiers steeds vasgekeer in die wrak en reddingsbeamptes sukkel om by hulle uit te kom.

Die treine, albei van die privaat spoorwegmaatskappy Ferrotramviaria, het glo elk vier trokke gehad.

Volgens gerugte was meeste van die passasiers studente en pendelaars.

Italiaanse eerste minister Matteo Renzi het versoek dat ʼn ondersoek dringend van stapel gestuur word om die oorsaak van die ongeluk te bepaal. Hy het sy meegevoel betuig met die families van die slagoffers.

Dis nog nie duidelik of die ongeluk aan ʼn menslike fout toegeskryf kan word nie. Daar was ook nie ongure weer ten tyde van die ongeluk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johannes ·

Ek verwys na paragraaf 4 bo – die twee treine het mekaar reg van voor getref? Kan 2 treine op een spoor wat na mekaar ry mekaar op ENIGE ander manier tref? Vra maar net.

Kiepie ·

Ja Johannes, hulle kan. As hulle in dieselfde rigting beweeg en die agterste een ry vinniger as die voorste een.

Kiepie ·

My magtag, dat so iets jou werklik in ‘n eerste wêreld land soos Italië ook kan gebeur. Ek sou die rits kommentare wou sien as dit hier plaaslik gebeur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.